2 Augustus is die 214de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (215de in skrikkeljare). Daar volg nog 151 dae in die res van die jaar.

Gebeure 216 v.C. – Hannibal vernietig 'n leër van die Romeine by die Slag van Cannae. 257 – Pous Sixtus II volg Pous Stefanus I op. 1057 – Pous Stefanus IX (X) volg Pous Victor II op. 1757 – Pous Benedictus XIV publiseer Quam grave teen die opdra van die mis deur nie-priesters. 1762 – Die Franse parlement verbied die Jesuïte. 1870 – Tower Subway, die wêreld se eerste moltrein, open in Londen. 1917 – 'n Sopwith Pup word die eerste vliegtuig om op 'n skip te land en op te styg. 1934 – Adolf Hitler word Führer van Nazi Duitsland. 1945 – Die Geallieerdes se Potsdam Kongres bepaal die toekoms van die verslane Duitsland, en voorwaardes vir Japan. 1964 – Die vandag omstrede Tonkin-voorval lei tot die toetrede van die VSA tot die Viëtnamoorlog. 1980 – 'n Reuse bomontploffing lê die treinstasie in Bologna, Italië in puin met 75 sterftes tot gevolg. 1990 – Irak val Koeweit in wat aanleiding gee tot die Golfoorlog.

Geboortes 1696 – Mahmoed I, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk († 1754). 1778 – Erasmus Smit, eerste predikant van die Voortrekkers († 1863). 1799 – Karl Ludwig Philipp Zeyher, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1858). 1814 – Sir Charles Adderley, Britse staatsman na wie Adderleystraat in Kaapstad vernoem is († 1905). 1835 – Elisha Gray, Amerikaanse elektriese ingenieur († 1901). 1876 – Frank Brownlee, magistraat in die Transkei en volksverhaal skrywer († 1952). 1881 – Gustave van de Woestijne, Belgiese ekspressionistiese skilder († 1947). 1925 – Piet Koornhof, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2007). 1931 – Ruth Maria Kubitschek, Duitse aktrise († 2024). 1932 – Peter O'Toole, Ierse akteur en bekend geraak as Lawrence of Arabia († 2013). 1946 – Nigel Hitchin, Britse wiskundige. 1947 – Sjoerd Soeters, Nederlandse argitek. 1961 – Tom Gouws, Afrikaanse skrywer en akademikus († 2018). 1964 – Mary-Louise Parker, Amerikaanse aktrise. 1968 – Chanté Hinds, Suid-Afrikaanse aktrise. 1976 – Lianie May, Afrikaanse ligte sangeres. 1970 – Kevin Smith, Amerikaanse akteur. 1970 – Yu Sun-bok, Noord-Koreaanse vrouetafeltennisspeler. 1971 – Anna Davel, Suid-Afrikaanse sangeres. 1977 – Edward Furlong, Amerikaanse akteur. 1989 – Vanes-Mari du Toit, Suid-Afrikaanse professionele netbalspeler.

Sterftes 640 – Pous Severinus, die 71ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 686 – Pous Johannes V, die 82ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1100 – Willem II, koning van Engeland. 1785 – Georg Schmidt, sendeling van die Morawiese kerk (* 1709). 1906 – Marie Koopmans-de Wet, kampvegter vir Afrikanerregte, kultuurleidster (* 1834). 1920 – Enrico Caruso, Italiaanse operasanger (* 1873). 1922 – Alexander Graham Bell, Skotse wetenskaplike en uitvinder (* 1847). 1923 – Warren G. Harding, 29ste President van die Verenigde State (* 1865). 1936 – Louis Blériot, Franse ontdekker, lugvaartpionier en ingenieur (* 1872). 1945 – Pietro Mascagni, Italiaanse komponis (* 1863). 1997 – William S. Burroughs, Amerikaanse skrywer (* 1914). 2013 – Barbara Trentham, Amerikaanse aktrise en model (* 1944). 2019 – Leonard Reitstein, Suid-Afrikaanse skaakkaptein en skaakskrywer (* 1928). 2020 – Marinus Wijnbeek, Suid-Afrikaans-Nederlandse wetenskaplike en TV-programaanbieder (* 1940). 2020 – Leon Fleisher, Amerikaanse pianis en dirigent (* 1928).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Pous Stefanus I in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Augustus