1 Augustus is die 213de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (214de in skrikkeljare). Daar volg nog 152 dae in die res van die jaar.
Gebeure 768 – Die kerklike regbank ontslaan Teenpous Constantinus II. 1177 – Vrede van Venesië: Keiser Frederik I Barbarossa erken Pous Alexander III. 1291 – Die Switserse oerkantons verklaar hulself onafhanklik. 1589 – Pous Sixtus V stig die Slawies Kollege in sy bul Sapientiam Sanctorum. 1664 – Die Slag van Szentgotthárd vind plaas. 1707 – Pous Clemens XI stel Charles Thomas Maillard de Tournon, titulêr patriarg van Antiogië aan as kardinaal. 1712 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word biskop van Viterbo en Tuscania (Italië). 1774 – Die chemiese element suurstof word onafhanklik deur Joseph Priestley, ontdek - die ontdekking wat vroeër deur Carl Wilhelm Scheele gemaak is, word hiermee bevestig. 1798 – Tydens die Napoleontiese Oorloë begin die Slag van die Nyl tussen die Franse en Britse vlote. 1876 – Colorado word die 38ste deelstaat van die Verenigde State. 1891 – Viering van die 600ste bestaansjaar van Switserland. 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die Duitse Keiserryk verklaar oorlog teen die Russiese Ryk en die oorlog begin. 1914 – Eerste Wêreldoorlog; Die vyandelike magte bevestig dat hulle Switserland se neutraliteit erken. 1936 – Die SAUK word gestig as Suid-Afrika se nasionale uitsaaidiens. 1941 – Die Universiteit van Stellenbosch se studentekoerant, Die Matie, se eerste uitgawe verskyn. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Warskou Opstand teen die Duitse besetting begin in Pole. 1960 – Benin word van Frankryk onafhanklik. 1976 – Motorrenjaer Niki Lauda veg om sy lewe na 'n ongeluk in die Duitse Grand Prix. 1981 – MTV maak sy debuut met die liedjie Video Killed the Radio Star deur The Buggles. 1993 – Engeland wen die vyfde Vrouekrieketwêreldbeker in Engeland.
Geboortes 10 v.C. – Claudius, Romeinse keiser († 54). 1819 – Herman Melville, Amerikaanse romanskrywer en veral bekend is vir sy meesterstuk: Moby Dick († 1891). 1912 – Henry Jones, Amerikaanse akteur († 1999). 1924 – Abdoellah bin Abdoel Aziz al-Saoed, die koning van Saoedi-Arabië († 2015). 1931 – Trevor Goddard, Springbokkrieketkaptein († 2016). 1936 – Yves Saint Laurent, Franse modeontwerper. 1939 – John Miles, Afrikaanse skrywer en digter. 1948 – Pornpetch Wichitcholchai, Thaise prokureur. 1956 – Doug Burgum, Amerikaanse entrepreneur, filantroop en politikus. 1957 – Taylor Negron, Amerikaanse akteur, skrywer, skilder en vervaardiger († 2015). 1963 – John Carroll Lynch, Amerikaanse akteur. 1968 – Marco Börries, Duitse besigheidsman. 1979 – Jason Momoa, Amerikaanse akteur. 1985 – Tendai "Beast" Mtawarira, Springbokrugbyspeler. 1990 – Elton Jantjies, Springbokrugbyspeler. 1993 – Leon Thomas III, Amerikaanse akteur en sanger. 1994 – Sergeal Petersen, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. 1997 – Refentse Morake, Afrikaanse ligte sanger.
Sterftes 30 v.C. – Marcus Antonius, Romeinse politikus (* 83 v.C.). 371 – Sint Eusebius van Vercelli. 1464 – Cosimo di Giovanni de' Medici, die "Ouere", Italiaanse bankier, politikus en eerste lid van die bekende Medici-familie (* 1389). 1714 – Anna, koningin van Engeland, Ierland en Skotland (* 1665). 1857 – Peter Frans van Kerckhoven, Vlaamse skrywer en een van die leiers van die vroeë Vlaamse Beweging (* 1818) 1869 – Alexine Tinne, Nederlandse ontdekkingsreisiger (* 1835). 1869 – Johannes Smuts, 'n staatsamptenaar, sakeman en die tweede burgemeester van Kaapstad (* 1785). 1926 – John X. Merriman, langsdienende parlementslid, ook Eerste Minister van die Kaapkolonie (* 1841). 1966 – Robey Leibbrandt, bokser en politieke stormvoël (* 1913). 1967 – Herman van den Bergh, Joodse en Nederlandse digter, joernalis en uitgewer (* 1897). 1973 – Walter Ulbricht, Oos-Duitse kommunistiese politikus (* 1893). 1975 – Vivian Frederick Maynard FitzSimons, Suid-Afrikaanse herpetoloog (* 1901) 1996 – Frida Boccara, Franse sangeres (* 1940). 1980 – Strother Martin, Amerikaanse akteur (* 1919). 2007 – Ryan Cox, Suid-Afrikaanse fietsryer (* 1979). 2013 – Gail Kobe, Amerikaanse aktrise (* 1929).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Nasionale Dag van Switserland
Kategorie:Augustus