31 Julie is die 212de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (213de in skrikkeljare). Daar volg nog 153 dae in die res van die jaar.
Gebeure 432 – Pous Sixtus III volg Pous Celestinus I op. 768 – Teenpous Filippus word aangestel deur koning Desiderius van Lombardye. 1009 – Pous Sergius IV volg Pous Johannes XVIII op. 1667 – Die Verdrag van Breda beëindig die Tweede Engels-Nederlandse Oorlog. 1793 – Pous Pius VI publiseer "Ad nostras manus" teen die "Manifesto chretienne et de l'armee royale au peuple français à Clisson, ce premier Juin 1793" (Christelike en koninklike leër se manifes aan die Franse burgers van Clisson op 1 Junie 1793). 1826 – In Valencia word die laaste "ketter" teen die Rooms-Katolieke geloof onder die Inkwisisie tereggestel. 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die slag van Passchendaele begin aan die Westelike Front. 1931 – Die Kalahari Gemsbok Nasionale Park word geproklameer. 1941 – Joodse volksmoord: Hermann Göring beveel SS generaal Reinhard Heydrich om 'n finale oplossing tot die Joodse kwessie te ontwikkel. 1964 – Ranger-program: Ranger 7, 'n onbemande ruimtetuig, bots teen die maan. 1971 – Apollo program: Die eerste maankarretjie word tydens die Apollo 15-maansending gebruik. 1974 – Premier Ian Smith se Rhodesian Front wen die algemene verkiesing in Rhodesië. 1991 – Die VSA en die Sowjetunie teken 'n verdrag om opgehoopte kernwapenvoorrade met 'n derde te verminder. 2012 – Chad le Clos van Suid-Afrika wen 'n goue medalje in 200 m-vlinderslag tydens die Olimpiese Somerspele van 2012.
Geboortes 1396 – Filips die Goeie, die hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg († 1467). 1877 – Louisa Bolus, Suid-Afrikaanse plantkundige en herbariumhouer († 1970). 1885 – M.L. de Villiers, Afrikaanse predikant en musikus, komponis van Die Stem van Suid-Afrika († 1977). 1901 – Jean Dubuffet, Franse skilder en beeldhouer († 1985). 1909 – Gregoire Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunsskilder († 2005). 1919 – Primo Levi, Italiaans-Joodse chemikus, komponis en outeur († 1987). 1926 – Hilary Putnam, Amerikaanse, aktrise († 2016). 1929 – Don Murray, Amerikaanse akteur († 2024). 1932 – Sam Coppola, Amerikaanse akteur († 2012). 1938 – Marion Game, Franse aktrise († 2023). 1944 – Louis van Rensburg, Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer († 2012). 1972 – Michelle McLean, Namibiese aktrise en mannekyn. 1974 – Emilia Fox, Britse aktrise. 1992 – Kyle Larson, Amerikaanse professionele NASCAR-motorrenjaer.
Sterftes 1784 – Denis Diderot, Franse skrywer en Verligtingsfilosoof (* 1713). 1875 – Andrew Johnson, die 17de President van die Verenigde State (* 1808). 1886 – Franz Liszt, Hongaarse komponis (* 1811). 1995 – James Phillips, alias Bernoldus Niemand, Suid-Afrikaanse rocksanger en liedjieskrywer. (* 1959). 2009 – Tim Guest, Engelse skrywer en joernalis (* 1975). 2012 – Johan van der Merwe, Afrikaanse akteur (* 1950). 2020 – Zamuxolo Peter, Suid-Afrikaanse politikus (* 1965). 2022 – Ayman al-Zawahiri, al-Kaïda leier (* 1951). 2024 – Ismail Haniyeh, Palestynse politieke leier van Hamas (* 1963).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Sint Ignatius van Loyola
Kategorie:Julie