30 Julie is die 211de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (212de in skrikkeljare). Daar volg nog 154 dae in die res van die jaar.
Gebeure 657 – Pous Vitalianus volg Pous Eugenius I op. 1419 – Tydens die eerste Praagse defenestrasie gooi aanhangers van die hervormer Johannes Hus die katolieke stadsraad by die venster uit. 1502 – Christophorus Columbus sit voet aan wal by Guanaja in die Bay-eilande by die kus van die Honduras, tydens sy vierde ontdekkingsreis. 1505 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word biskop van Chieti. 1619 – Die eerste verteenwoordigende volksraad in die Amerikas, Virginië se Huis van Burgesses, vergader vir die eerste keer. 1629 – 10 000 mense sterf in 'n aardbewing in Napels, Italië. 1733 – Die eerste herberg van die Vrymesselaars word geopen in die toekomstige Verenigde State. 1825 – Malden-eiland (nou een van Kiribati se Line-eilande) word ontdek. 1864 – Amerikaanse Burgeroorlog: Uniemagte poog om Konfederale lyne in die Slag van die Crater te breek. 1966 – Engeland wen die Sokkerwêreldbeker, deur Duitsland met 4 teen 2 te klop. 1980 – Vanuatu verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk en Frankryk. 1991 – In Suid-Afrika word die Groepsgebiedewet afgeskaf. 2003 – Die laaste 'ou' Volkswagen Kewer rol van die vervaardigingslyn af in Puebla, Meksiko.
Geboortes 1511 – Giorgio Vasari, Italiaanse skilder († 1574). 1818 – Emily Brontë, Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights († 1848). 1863 – Henry Ford, Amerikaanse motorvervaardiger († 1947). 1898 – Henry Moore, Engelse beeldhouer († 1986). 1907 – Anna Amelia Obermeyer, Suid-Afrikaanse plantkundige († 2001). 1940 – Clive Sinclair, Britse uitvinder en entrepreneur. 1941 – Paul Anka, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer. 1947 – Arnold Schwarzenegger, Oostenryks-Amerikaanse akteur en politikus. 1948 – Jean Reno, Franse akteur. 1948 – Carel Struycken, Nederlandse akteur. 1952 – Ilene Kristen, Amerikaanse aktrise. 1958 – Kate Bush, Britse sangeres. 1974 – Hilary Swank, Amerikaanse aktrise. 1961 – Laurence Fishburne, Amerikaanse akteur. 1963 – Lisa Kudrow, Amerikaanse aktrise. 1969 – Simon Baker, Australiese akteur. 1981 – Juan Smith, Springbokrugbyspeler. 1987 – Georgia Chara, Australiese aktrise. 1992 – Fabiano Caruana, Amerikaans-Italiaanse skaakspeler.
Sterftes 579 – Pous Benedictus I, die 62ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1898 – Otto von Bismarck, eerste minister van Pruise, kanselier van die Noord-Duitse Verbond en die eerste rykskanselier van die Duitse Keiserryk (* 1815). 1900 – Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha, 2de seun van koningin Victoria (* 1844). 1945 – Anton van Wouw, Suid-Afrikaanse beeldhouer (* 1862). 2005 – John Garang, Suid-Soedannese politikus en revolusionêre leier (* 1945). 2007 – Ingmar Bergman, Sweedse teater- en rolprentregisseur (* 1918). 2016 – Gloria DeHaven, Amerikaanse aktrise (* 1925). 2020 – Lee Teng-hui, president van Taiwan (* 1923). 2021 – Japie van Wyk, Suid-Afrikaanse politikus (* 1935). 2022 – Pat Carroll, Amerikaanse aktrise (* 1927). 2022 – Nichelle Nichols, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1932). 2025 – Pirow Bekker, 'n Afrikaanse digter en skrywer (* 1935).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Onafhanklikheidsdag in Vanuatu (1980)
Kategorie:Julie