8 Julie is die 189ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (190ste in skrikkeljare). Daar volg nog 176 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1153 – Pous Anastasius IV volg Pous Eugenius III op. 1184 – Pous Lucius III konsekreer die katedraal van Bologna. 1234 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Dominicus de Guzman heilig. 1709 – Groot Nordiese Oorlog: In Oekraïne verslaan Pieter I van Rusland vir Karel XII van Swede by Poltawa en beëindig daarmee Swede se rol as 'n groot moondheid in Europa. 1713 – Pous Clemens XI verklaar Pous Gregorius X salig. 1839 – Pous Gregorius XVI stel Ferdinando Maria Pignatelli, Theat., aartsbiskop van Palermo aan as kardinaal. 1897 – NG gemeente Johannesburg-Oos en NG gemeente Jeppestown stig terselfdertyd af van die NG gemeente Johannesburg. 1933 – Die eerste rugbytoets tussen die Wallabies van Australië en die Springbokke van Suid-Afrika word op Nuweland in Kaapstad gespeel. 1990 – Dr. Allan Boesak bedank uit die NG Sendingkerk ná aantygings van 'n buite-egtelike verhouding. 1991 – Brig. Oupa Gqozo, voorsitter van die Ciskeise staatsraad, stig die African Democratic Movement (ADM). 1991 – Die minister van buitelandse sake, Pik Botha, onderteken 'n verdrag namens Suid-Afrika wat die land se kerngeriewe open vir inspeksie deur buitelandse moondhede. 1991 – Dr. Gerrit Olivier, Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in Rusland, open 'n Suid-Afrikaanse belangekantoor in Moskou.
Geboortes 1621 – Jean de La Fontaine, Franse skrywer († 1695). 1714 – Pieter van Rheede van Oudtshoorn, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (sterf op see in 1773). 1817 – Jan Bantjes, 'n Voortrekker († 1887). 1838 – Ferdinand von Zeppelin, Duitse uitvinder van die Zeppelin († 1917). 1867 – Käthe Kollwitz, Duitse kunstenares († 1945). 1898 – Melville Ruick, Amerikaanse akteur († 1972. 1917 – Pamela Brown, Engelse aktrise († 1975). 1919 – Walter Scheel, Wes-Duitse bondspresident († 2016). 1924 – Merwe Scholtz, Afrikaanse letterkundige, taalwetenskaplike, skrywer († 2005). 1947 - Kim Darby, Amerikaanse aktrise. 1951 – Anjelica Huston, Amerikaanse aktrise en digter († 2005). 1955 – Lena Endre, Sweedse aktrise. 1958 – Kevin Bacon, Amerikaanse akteur. 1959 – Robert Knepper, Amerikaanse akteur. 1960 – Yann LeCun, Franse rekenaarwetenskaplike. 1968 – Michael Weatherly, Amerikaanse akteur. 1971 – Amanda Peterson, Amerikaanse aktrise († 2015). 1973 – Waleri Zaloezjni, opperbevelvoerder van die Oekraïnse gewapende magte. 1982 – Sophia Bush, Amerikaanse aktrise. 1982 – Zak Hendrikz Suid-Afrikaanse akteur, toneelregisseur en skrywer. 1984 – Jackie Nagtegaal, Suid-Afrikaanse skrywer. 1987 – Cintaine Schutte, Suid-Afrikaanse aktrise. 1990 – Kermit Erasmus, Suid-Afrikaanse sokkerspeler. 1998 – Jaden Smith, Amerikaanse akteur.
Sterftes 810 - Karloman, derde seun van Karel die Grote (* 777). 1153 – Pous Eugenius III, 167ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1695 – Christiaan Huygens, Nederlandse sterrekundige, wiskundige en musiekteoretikus (* 1629). 1859 – Oscar I van Swede, van 8 Maart 1844 tot met sy dood koning van Swede en Noorweë (* 1799). 1919 – Johan Andreas dèr Mouw, Nederlandse digter (* 1863). 1957 – C.M. van den Heever, Afrikaanse skrywer en digter (* 1902). 1990 – Hans Faverey, Nederlandse digter van Surinaamse afkoms (* 1933). 1994 – Cora Marie, Afrikaanse country-sangeres (* 1953). 1994 – Kim Il Sung, leier van Noord-Korea (* 1912). 1994 – Dick Sargent, Amerikaanse akteur (* 1930). 1997 – F.A. Venter, Afrikaanse skrywer (* 1916). 2011 – Betty Ford, Eerste Dame van die Verenigde State (* 1918). 2014 – Braam Raubenheimer, Suid-Afrikaanse politikus en minister van waterwese (* 1920). 2020 – Naya Rivera, Amerikaanse aktrise (* 1987). 2020 – Noloyiso Sandile, Regent van die koningshuis van die amaRharhabe (* 1963). 2022 – Shinzo Abe, Japannese politikus (* 1954). 2022 – José Eduardo dos Santos, Angolese politikus (* 1942). 2022 – Tony Sirico, Amerikaanse akteur (* 1942). 2026 – Bonnie Tyler, Walliese sanger-liedjieskrywer (* 1951). 2026 – Dieter Gerhardt, voormalige kommodoor in die Suid-Afrikaanse Vloot (* 1935).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Adrianus III in die Rooms-Katolieke Kerk. Feesdag van Pous Eugenius III in die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Julie