13 Julie is die 194ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (195ste in skrikkeljare). Daar volg nog 171 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1565 – Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII) word die pouslike gesant na Spanje. 1643 – Pous Urbanus VIII stel 17 nuwe kardinale aan, waaronder Achille d'Estampes de Valençay, ridder van die Orde van Malta. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Op 'n krygsberaad onder hoofkommandant Christiaan de Wet besluit die Boere om uit die Brandwaterkom pad te gee voordat hulle vasgekeer word. 1980 – Quett Masire volg Seretse Khama op as President van Botswana. 2014 – Duitsland se nasionale sokkerspan wen die 20ste Sokker-Wêreldbekertoernooi in Brasilië, die eerste keer in 24 jaar. 2024 – Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump word beseer in 'n sluipmoordpoging tydens 'n Republikeinse veldtogsaamtrek naby Butler, Pennsilvanië.
Geboortes 100 v.C. – Julius Caesar, Romeinse generaal en staatsman († 44 v.C.). 40 – Gnaeus Iulius Agricola, Romeinse generaal († 93). 1590 – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) († 1676). 1805 – William Robertson, Skotsgebore Suid-Afrikaanse kerkleier († 1876). 1862 – Groothertog Wjatsjeslaf Konstantinowitsj van Rusland, jongste seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj († 1879). 1895 – Sidney Blackmer, Amerikaanse akteur († 1973). 1908 – Garfield Todd, Eerste minister van Suid-Rhodesië († 2002). 1909 – Souphanouvong, President van Laos († 1995). 1916 – Gawie Cillié, Suid-Afrikaanse komponis († 2000). 1924 – Carlo Bergonzi, Italiaanse opera tenoor († 2014). 1927 – Simone Veil, Franse en Europese staatsvrou († 2017). 1940 – Jeanne Goosen, Suid-Afrikaanse skryfster († 2020). 1942 – Harrison Ford, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger. 1949 – Dene Smuts, Suid-Afrikaanse tydskrifredakteur en parlementslid († 2016). 1965 – Hannes Strydom, Springbokrugbyspeler († 2023). 1974 – Jarno Trulli, Formule Eenrenjaer van Italië. 1988 – Steven R. McQueen, Amerikaanse akteur. 1990 – Nomzamo Mbatha, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes 939 – Pous Leo VII, 126ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1774 – Otto II. Freiherr von Münchhausen, Duitse plantkundige (* 1716). 1793 – Jean-Paul Marat, Franse rewolusionêr (* 1743). 1865 – Willem Cornelis Janse van Rensburg, tweede President van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1818). 1948 – Antonie Kock, regter van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1869). 1954 – Frida Kahlo, Meksikaanse skilder (* 1907). 1970 – Leslie Groves, luitenant-generaal in die Amerikaanse Leër en projekbestuurder van die Manhattan-projek (* 1896). 1980 – Sir Seretse Khama, eerste president van Botswana; sterf aan kanker van die pankreas (* 1921). 2011 – Al Debbo, Suid-Afrikaanse akteur, komediant en sanger (* 1924). 2014 – Nadine Gordimer, Suid-Afrikaanse skryfster en Nobelpryswenner vir Letterkunde in 1991 (* 1923). 2014 – Lorin Maazel, Amerikaanse dirigent, violis en komponis (* 1930). 2016 – Bernardo Provenzano, Italiaanse mafioso (* 1933). 2020 – Grant Imahara, Amerikaanse elektroniese ingenieur en televisie-aanbieder (* 1970). 2020 – Zindziswa Mandela, politikus en derde dogter van Nelson Mandela (* 1960). 2024 – Shannen Doherty, Amerikaanse aktrise (* 1971). 2025 – Muhammadu Buhari, tweemalige President van Nigerië (* 1942). 2026 – Sam Neill, Nieu-Seelandse akteur (* 1947).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Julie