20 Julie is die 201ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (202de in skrikkeljare). Daar volg nog 164 dae in die res van die jaar.
Gebeure 514 – Pous Hormisdas volg Pous Simmachus op. 1230 – Verdrag van San Germano: Vrede tussen Pous Gregorius IX en keiser Frederik II. 1847 – Sonderbund-oorlog: Die Switserse Bondgenoodskap besluit om die Spesiale Bondgenootskap van Katolieke Kantone (“Sonderbund”) binne Switserland eensydig te ontbind. 1871 – Brits-Columbië word 'n provinsie van die Kanadese Konfederasie. 1900 – Op die plaas Blesbokfontein tussen Lindley en Heilbron vra Piet de Wet sy broer, genl. Christiaan de Wet, of hy regtig dink dit het enige nut om met die Anglo-Boereoorlog voort te gaan. Die broers is ná die rusie nooit versoen nie. 1933 – Pous Pius XI sluit 'n konkordaat met Duitsland. 1944 – Adolf Hitler oorleef die 20 Julie Komplot, 'n sluipmoordpoging gelei deur Claus von Stauffenberg. 1960 – Ceylon verkies Sirimavo Bandaranaike as Eerste Minister, die wêreld se eerste verkose vroulike regeringsleier. 1960 – Die kernaangedrewe duikboot USS George Washington lanseer die eerste ballistiese missiel. 1969 – Die Apollo 11-tuig land op die maan en Neil Armstrong word die eerste mens wat op die maan loop. 1976 – Viking 1 land op Mars, en teken die eerste besoek vanaf die Aarde aan die planeet aan. 1987 – Apartheid: Die groep Afrikaanse Suid-Afrikaners wat tydens die Dakar-beraad met die ANC vergader het word deur die AWB op Jan Smuts Lughawe vyandig ingewag. 1989 – Die Mianmarese menseregteaktivis, Aung San Suu Kyi, word deur die regering onder huisarres geplaas. 1993 – Die vyfde Vrouekrieketwêreldbeker begin in Engeland.
Geboortes 1304 – Francesco Petrarca Italiaanse digter en prosaïs († 1374). 1519 – Giovanni Antonio Facchinetti (later Pous Innocentius IX) († 1591). 1822 – Gregor Mendel, Oostenrykse bioloog en ontdekker van die grondslag van die genetika († 1884). 1826 – Bernhard Riemann, Duitse wiskundige († 1866). 1905 – Stephanus du Toit, predikant en hoogleraar van die Gereformeerde Kerk († 1982). 1913 – Francois Krige, Suid-Afrikaanse kunstenaar. Broer van die skrywer Uys Krige († 1994). 1914 – John Phillips, Engelse akteur († 1995). 1919 – Sir Edmund Hillary, Nieu-Seeland, eerste persoon wat Everest suksesvol geklim het († 2008). 1924 – Lola Albright, Amerikaanse aktrise († 2017). 1924 – Hans Lodeizen, Nederlandse digter († 1950). 1925 – Jacques Delors, Franse politikus.(† 1950). 1929 – Jean Baudrillard, Franse sosioloog en filosoof († 2007). 1933 – Cormac McCarthy, Amerikaanse skrywer. 1938 – Margaret van der Post, Suid-Afrikaanse musiekonderwyser en sopraan. 1938 – Natalie Wood (Natasha Zakharenko), Amerikaanse filmaktrise († 1981). 1938 – Diana Rigg, Engelse aktrise. († 2020). 1943 – Wendy Richard, Engelse aktrise († 2009). 1953 – Thomas Friedman, Amerikaanse politieke kommentator en skrywer. 1964 – Deon Lotz, Suid-Afrikaanse akteur. 1974 – Simon Rex, Amerikaanse akteur. 1978 – Charlie Korsmo, Amerikaanse akteur. 1978 – Maria Alexandrova, Russiese balletdanser. 1980 – Gisele Bündchen, Brasiliaanse fotomodel en aktrise. 1983 – Phumzile van Damme, uitgetrede DA-politikus. 1990 – Arieh Smith, Amerikaanse YouTuber bekend vir sy veeltaligheid. 1993 – Alycia Debnam-Carey, Australiese aktrise.
Sterftes 985 – Teenpous Bonifatius VII (* onbekend). 1160 – Petrus Lombardus, middeleeuse teoloog en skolastikus (* 1096). 1866 – Bernhard Riemann, Duitse wiskundige (* 1826). 1901 – Gezina Kruger, tweede vrou van pres. Paul Kruger (* 1831). 1903 – Pous Leo XIII, die 256ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1810). 1926 – Feliks Dzerzjinski, Russiese rewolusionêr en amptenaar (* 1877). 1937 – Guglielmo Marconi, Italiaanse natuurkundige en uitvinder (* 1874). 1944 – Ludwig Beck, Duitse generaal (* 1880). 1944 – Ds. David Wilcocks, Afrikaanse predikant wat tronkstraf uitgedien het vir dankgebede ná Boereoorwinnings by Colenso en Magersfontein (* 1861). 1973 – Bruce Lee (32), Chinees-Amerikaanse filmakteur, bekend vir sy Oosterse gevegskuns (* 1940). 2005 – James Doohan, Kanadese akteur (Montgomery Scott of "Scotty") in die TV-reeks Star Trek (* 1920). 2007 – Tammy Faye Messner, Amerikaanse sangeres (* 1942). 2021 – Rosa Smit, Afrikaanse digter en wenner van die Ingrid Jonkerprys vir haar poësie (* 1945). 2024 – Jan Groenewald, Suid-Afrikaans akteur, televisieredakteur en dramaturg (* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae 1810 – Onafhanklikheidsdag in Colombia
Kategorie:Julie