26 Julie is die 207de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (208ste in skrikkeljare). Daar volg nog 158 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1139 – Afonso die Oorwinnaar word die eerste koning van 'n onafhanklike Portugal. 1429 – Teenpous Clemens VIII tree af en die Westerse Skisma eindig. 1548 – Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V) voltooi sy magistergraad in teologie aan die Universiteit van Fermo. 1755 – Pous Benedictus XIV publiseer Allatae Sunt oor die Oosterse Rites. 1788 – New York word die 11de deelstaat van die Verenigde State. 1847 – Liberië word die eerste onafhanklike republiek in Afrika. 1887 – Ludwik Lejzer Zamenhof publiseer Dr. Esperanto se Internasionale Taal. 1909 – Die stoomskip SS Waratah verdwyn spoorloos tussen Durban en Oos-Londen. 1915 – Die eerste uitgawe van Die Burger verskyn. 1945 – Churchill verloor die Britse verkiesing en die Arbeidersparty verkry vir die eerste keer in die geskiedenis 'n meerderheid. 1950 – Die NG gemeente Chingola stig af van NG gemeente Mufulira. 1953 – Fidel Castro lei 'n onsuksesvolle aanval op die Moncada-kaserne en begin daarmee die Kubaanse Rewolusie. 1956 – Egipte nasionaliseer die Suezkanaal om die Aswandam te befonds. 1965 – Die Maledive word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1975 – Die Progressiewe Party in Suid-Afrika smelt saam met die Reformiste Party om die Progressiewe Reformiste Party te vorm. 2024 – 'n Polisieklopjag op 'n plaas wat vermoedelik dien as 'n geheime militêre opleidingskamp in Witrivier,Mpumalanga lei tot die arrestasie van 95 Libiese burgers.
Geboortes 1791 – Franz Xaver Wolfgang Mozart, Oostenrykse pianis en komponis († 1844). 1839 – Sir John Cradock, derde Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1759). 1856 – George Bernard Shaw, Ierse dramaturg en Nobelprys-wenner († 1950). 1874 – Serge Koussevitsky, Russiesgebore dirigent, komponis en dubbelbasspeler. († 1951). 1876 – Manie Maritz, boeregeneraal en leier in die Rebellie van 1914 († 1940). 1892 – Henry Vollam Morton, Britse joernalis en reisskrywer († 1979). 1894 – Aldous Huxley, die skrywer van Brave New World. 1907 – Dr. Louis Viljoen Rex, predikant en administrateur van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1959). 1924 – Dirk de Villiers, Suid-Afrikaanse rolprentmaker en akteur († 2009). 1926 – Lennox Sebe, Ciskei president († 1994). 1928 – Stanley Kubrick, Amerikaanse rolprentregisseur en draaiboekskrywer († 1999). 1943 – Mick Jagger, Britse popsanger. 1945 – Helen Mirren, Britse aktrise. 1959 – Kevin Spacey, Amerikaanse akteur. 1969 – Randall Abrahams, Suid-Afrikaanse radio- en televisiebesigheidspersoon en musiekprodusent. 1975 – Liz Truss, Britse politikus en minister van Handel. 1980 – Jacinda Ardern, Nieu-Seelandse politikus en Eerste Minister.
Sterftes 811 – Nikephorus I, keiser van Bisantium (* onbekend). 1471 – Pous Paulus II, 211de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1417). 1867 – Otto, Griekse koning (* 1815). 1925 – Gottlob Frege, Duitse wiskundige wat 'n logikus en filosoof geword het (* 1848). 1952 – Eva Perón, vrou van die Argentynse president Juan Perón (* 1919). 1993 – Matthew Ridgway, Amerikaanse generaal (* 1895). 2012 – Lupe Ontiveros, Amerikaanse aktrise (* 1942). 2017 – June Foray, Amerikaanse stemaktrise (* 1917). 2017 – Patti Deutsch, Amerikaanse komediese en stemaktrise (* 1943). 2018 – Gert Steyn, Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1951). 2019 – Harry Kalmer, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1956). 2020 – Olivia de Havilland, Japannees-Amerikaanse aktrise (* 1916). 2023 – Sinéad O'Connor, Ierse sanger en musikant (* 1966).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae 1847 – Onafhanklikheidsdag in Liberië
Kategorie:Julie