27 Julie is die 208ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (209de in skrikkeljare). Daar volg nog 157 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1214 – Slag van Bouvines: Keiser Otto IV verloor. 1547 – Pous Paulus III stel Charles I de Guise de Lorraine en Giulio della Rovere aan as kardinale. 1757 – Pous Benedictus XIV verklaar (H)ugo degli Atti salig. 1829 – Pous Pius VIII stel Cesare Nembrini Pironi Gonzaga, biskop van Ancona en Umana en Remigio Crescini, O.S.B.Cas., biskop van Parma aan as kardinale. 1846 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word aartsbiskop van Perugia. 1865 – 'n Groep van 153 Walliese setlaars kom in die Chubut-vallei in Argentinië in Patagonië aan. 1890 – Vincent van Gogh skiet homself in die bors na 'n worsteling met depressie. 1921 – Navorsers aan die Universiteit van Toronto kondig die ontdekking van die hormoon insulien aan. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland loods die eerste lugaanval op Nantes, Frankryk. 1953 – 'n Skietstilstand beëindig die driejarige Korea-oorlog, wat tot die verdeling van die Koreaanse Skiereiland in Noord- en Suid-Korea lei. 1975 – Weens toenemende spanning in Angola sluit die Britse regering sy konsulaat en neem Britse burgers landuit. 1982 – Huursoldaatleier kolonel 'Mad Mike' Hoare word skuldig bevind aan die skaking van 'n vliegtuig om te ontsnap na die mislukte staatsgreeppoging in die Seychelle onder sy leiding. 1986 – Greg le Mond, 'n Amerikaner, word die eerste deelnemer van buite Europa om die Tour de France wen. 1996 – 'n Pypbom ontplof tydens die Olimpiese Spele in Atlanta, Georgia, VSA. Twee mense sterf en 111 is beseer. 2011 – Suid-Soedan word die 54ste lidland van die Afrika-unie.
Geboortes 1452 – Ludovico Sforza, die Hertog van Milaan († 1508). 1866 – Prof. Nicolaas Johannes Brümmer, Afrikaanse skrywer, NG predikant en hoogleraar aan die Kweekskool († 13 Mei 1947). 1877 – Ernő Dohnányi, Hongaarse komponis, pianis en dirigent († 1960). 1881 – Hans Fischer, Duitse chemikus en Nobelpryswenner († 1945). 1910 – Lupita Tovar, Amerikaanse aktrise († 2016). 1912 – Igor Markewitsj, Sowjetse dirigent en komponis († 1983). 1928 – Joseph Kittinger, Amerikaanse vegvlieënier wat in 1959/60 'n reeks rekordhoë vryvalspronge onderneem het († 2022). 1935 – Petra Müller, Afrikaanse digter en skrywer († 2021). 1969 – Jonty Rhodes, voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1987 – Thamsanqa Gabuza, Suid-Afrikaanse sokkerspeler. 1992 – Johan Goosen, Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler en Springboklosskakel.
Sterftes 1660 – Gerhard Coccejus, Duitse professor van regte, raadslid in Bremen (* 1601). 1844 – John Dalton, Engelse chemikus (* 1766). 1893 – Alois Hugo Nellmapius, Suid-Afrikaanse sakeman, nyweraar en bewaringskundige (* 1847). 1908 – Paul Homeyer, Duitse orrelis (* 1853). 1924 – Ferruccio Busoni, Italiaanse pianis, komponis, dirigent, skrywer, verwerker van musiek en pedagoog (* 1866). 1980 – Mohammad Reza Pahlavi, laaste sjah van Iran (* 1919). 2016 – Einojuhani Rautavaara, Finse komponis (* 1928). 2017 – Sam Shepard, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1943). 2018 – Bongani Mayosi, Suid-Afrikaanse professor in kardiologie (* 1967). 2022 – Mary Alice, Amerikaanse aktrise (* 1936). 2022 – Tony Dow, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1945).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
José Celso Barbosa-dag in Puerto Rico. Feesdag van Pous Celestinus I in die Rooms-Katolieke Kerk. Dag van herdenking aan Aurelius en Natalia
Kategorie:Julie