28 Julie is die 209de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (210de in skrikkeljare). Daar volg nog 156 dae in die res van die jaar.

Gebeure 754 – Pous Stefanus II salf Pepyn die Jongere as "patricius romanorum". Dit lê die grondslag vir die Heilige Romeinse Ryk. 1265 – Karel van Anjou in Rome gekroon as koning van Sisilië, deur vier kardinale waaronder kardinaal Giacomo Savelli, die latere Pous Honorius IV. 1794 – Terreurbewind leier Maximilien Robespierre word per guillotine tereggestel. 1817 – Pous Pius VII stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Alexandre-Angélique de Talleyrand-Périgord, voormalige aartsbiskop van Reims, Frankryk. 1914 – 'n Maand na die moord op die troonopvolger van Oostenryk-Hongarye, Frans Ferdinand, word oorlog met Serwië verklaar en neem die Eerste Wêreldoorlog 'n aanvang. 1927 – 'n Treinongeluk naby Mapleton in Transvaal eis die lewe van 29 mense; 57 word beseer. 1935 – Nooiensvlug van die Boeing B-17 Flying Fortress bomwerper. 1945 – 'n B-25 bomwerper vlieg teen die Empire State-gebou vas; op die 78ste vloer. 1952 – Pakistan word 'n volle lid van die Imperiale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR). 1964 – Ranger 7 word gelanseer op sy tog na die maan. 1973 – Engeland wen die eerste Vrouekrieketwêreldbeker in Engeland. 1976 – 'n Aardbewing wat 8.3 op die Richterskaal meet, verwoes Tangshan, Volksrepubliek China, met 242 769 sterftes en 164 851 beserings tot gevolg. 1990 – Alberto Fujimori word President van Peru en die eerste persoon van Oos-Asiese afkoms om die uitvoerende hoof van 'n nie-Asiese land te word. 1995 – Viëtnam betree die ASEAN. 1996 – Die oorblyfsels van die prehistoriese Kennewick-man word ontdek.

Geboortes 1635 – Robert Hooke, Engelse argitek, chemikus, filosoof, fisikus, sterrekundige en wiskundige († 1703). 1804 – Ludwig Feuerbach, Duitse filosoof († 1872). 1844 – Gerard Manley Hopkins, Britse digter en priester († 1889). 1873 – Walter Madeley, leiersfiguur in die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty († 1947). 1887 – Tetsu Katayama, Japannese politikus en Eerste minister van Japan († 1978). 1902 – Karl Popper, Oostenrykse-Britse filosoof († 1994). 1909 – Malcolm Lowry, Engelse digter en romanskrywer († 1957). 1916 – Schalk Pienaar, joernalis en koerantredakteur († 1978). 1925 – Saul B. Cohen, Amerikaanse geograaf en universiteitsprofessor († 2021). 1929 – Jacqueline Kennedy Onassis, Amerikaanse boekredakteur en voormalige Eerste Dame van die Verenigde State van Amerika, († 1994). 1941 – Riccardo Muti, Italiaanse dirigent. 1951 – Santiago Calatrava Valls, Spaanse argitek. 1954 – Hugo Chávez, staatspresident van Venezuela († 2013). 1955 – Anneline Kriel, Suid-Afrikaanse model, aktrise en Mej. Wêreld. 1958 – Deon van der Walt, Suid-Afrikaanse tenoor († 2005). 1975 – Nic Stevens, Afrikaanse sanger, lid van Broers musiekgroep. 1984 – Maria Popova, Bulgaars-gebore, Amerikaans-gebaseerde skrywer en essayis. 1988 – Leandie du Randt, Suid-Afrikaanse aktrise.

Sterftes 450 – Theodosius II, keiser van Bisantium (* 401). 1057 – Pous Victor II, die 153ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ± 1018). 1655 – Cyrano de Bergerac, Franse dramaturg en soldaat (* 1619). 1741 – Antonio Vivaldi, Venesiaanse komponis in die Barok-era (* 1678). 1746 – John Peter Zenger, Duits-Amerikaanse uitgewer (* 1697). 1750 – Johann Sebastian Bach, Duitse musikant en komponis (* 1685). 1794 – Maximilien Robespierre, Franse politikus en prokureur (* 1758). 1842 – Clemens Brentano, Duitse digter en romansier en een van die belangrikste verteenwoordigers van die Duitse Romantiek (* 1778). 1852 – Andrew Jackson Downing, Amerikaanse landskapsontwerper, tuinboukundige en skrywer (* 1815). 1976 – Lucas Cornelius Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1959 en 1961) (* 1903). 1982 – Coert Steynberg, internasionaal-bekroonde Suid-Afrikaanse beeldhouer en ontwerper (* 1905). 2004 – Francis Crick, ontdekker van die struktuur van DNS (* 1916). 2015 – Clive Rice, Suid-Afrikaanse krieketspeler en Springbok-krieketkaptein (* 1949). 2020 – M.M. Walters, Afrikaanse Satiriese digter en dramaturg (* 1930). 2023 – Daniel Sleigh, Suid-Afrikaanse skrywer, geskiedkundige en digter (* 1938).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Pous Victor I in die Rooms-Katolieke Kerk. Onafhanklikheidsdag in Peru (1821).

Kategorie:Julie