22 Julie is die 203de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (204de in skrikkeljare). Daar volg nog 162 dae in die res van die jaar.
Gebeure 260 – Pous Dionisius volg Pous Sixtus II op. 1183 – Pous Lucius III kom in Verona aan vir samesprekings met keiser Frederik I Barbarossa. 1499 – Swabiese oorlog: Veldslag van Dornach (naby Solothurn). Die troepe van die Switserse Bondgenootskap seevier oor die Oostenrykers. 1567 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word priester. 1697 – Pous Innocentius XII stel ses nuwe kardinale aan, waaronder Luiz de Sousa, aartbiskop van Lissabon. 1814 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) dra Pous Pius VII se gelukwensing oor aan koning Lodewyk XVIII met sy heraanstelling na die val van Napoleon. 1844 – Pous Gregorius XVI stel vyf nuwe kardinale aan, waaronder Domenico Carafa della Spina di Traetto, aartsbiskop van Benevento. 1848 – Harry Smith verklaar Andries Pretorius tot rebel. 1933 – Wiley Post word die eerste vlieënier om alleen met 'n vastevlerkvliegtuig om die wêreld te vlieg. 1944 – Stigting van die Internasionale Monetêre Fonds. 1946 – 'n Irgun-bom vernietig die hoofkantoor van die Britse administrasie van Israel by die King David Hotel in Jerusalem, met 90 sterftes tot gevolg. 1950 – Die Belgiese koning Leopold III keer te midde van betogings uit ballingskap terug om weer die troon te bestyg. 1962 – Mariner-program: Mariner 1 word lanseer. 1991 – Die reeksmoordenaar, Jeffrey Dahmer, word in hegtenis geneem nadat oorblyfsels van 11 mans en seuns in sy woonstel gevind is. 1994 – Die laaste stukke van die komeet Shoemaker-Levy 9 tref Jupiter. 2003 – Die Amerikaanse magte val 'n kamp aan in Mosoel, Irak en dood Saddam Hoessein se seuns Uday en Qusay.
Geboortes 1892 – Arthur Seyss-Inquart, Oostenrykse Nazi-politikus († 1946). 1895 – Hans Rosbaud, Oostenrykse dirigent († 1962). 1899 – Sobhuza II, Paramount Chief (Opperhoofman) van Swaziland, later koning van Swaziland († 1982). 1903 – Jan de Klerk, ’n Suid-Afrikaanse politikus (* 1979). 1907 – Phillips Holmes, Amerikaanse akteur († 1942). 1940 – Vera Tschechowa, Duitse aktrise († 2024). 1946 – Mireille Mathieu, Franse sangeres. 1947 – Bles Bridges, Suid-Afrikaanse minnesanger († 2000). 1952 – Lucas Maree, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2011). 1955 – Willem Dafoe, Amerikaanse akteur. 1966 – Maria Olsen, Suid-Afrikaanse aktrise. 1974 – Franka Potente, Duitse aktrise. 1980 – Dirk Kuyt, Nederlandse professionele sokkerspeler. 1983 – Sharni Vinson, Australiese aktrise. 1988 – Lisa Tomaschewsky, Duitse aktrise en model. 1992 – Selena Gomez, Amerikaanse aktrise en sangeres. 1998 – Madison Pettis, Amerikaanse aktrise. 2013 – Prins George van Wallis, seun van William, Prins van Wallis en 'n Britse troonopvolger.
Sterftes 1676 – Pous Clemens X, 239ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1670 tot 1676 (* 1590). 1832 – Napoleon II, seun van Napoleon I, tweede keiser van Frankryk (* 1811). 1870 – Josef Strauss, Oostenrykse komponis (* 1827). 1932 – Reginald Fessenden, die eerste persoon wat mensestemme deur radiogolwe oorgedra het (* 1866). 1969 – Bertha Solomon, Suid-Afrikaanse feminis en Volksraadslid vir Jeppes van 1938 tot 1958 (* 1892). 1991 – Albert Wessels, Suid-Afrikaanse nyweraar en stigter van Toyota Suid-Afrika (* 1908). 2008 – Estelle Getty, Amerikaanse aktrise (* 1923). 2013 – Dennis Farina, Amerikaanse akteur (* 1944). 2015 – Johan Degenaar, Suid-Afrikaanse filosoof en teoloog (* 1926). 2019 – Li Peng, Chinese politikus, bekend as die 'Slagter van Beijing' vir sy rol in die Tiananmen-plein bloedbad (* 1928). 2024 – John Mayall, Engelse blues- en rockmusikant, liedjieskrywer en vervaardiger (* 1933). 2025 – Ozzy Osbourne, Engelse sanger (* 1948). 2026 – Chuck Russell, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1952).
Vakansies, vierings, en gedenkdae Pi-benaderingsdag, aangesien 22⁄7 die waarde van π (pi) benader. Feesdag van Maria Magdalena.
Kategorie:Julie