25 Julie is die 206de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (207de in skrikkeljare). Daar volg nog 159 dae in die res van die jaar.
Gebeure 306 – Konstantyn I word deur sy troepe uitgeroep tot Romeinse keiser. 1571 – Pous Pius V publiseer die bul Exponi nobis nuper wat die stigting van die Universiteit van Lima aankondig. 1593 – Koning Henri IV van Frankryk keer terug na die Rooms-Katolieke Kerk en maak daarmee 'n einde aan die godsdiens oorlog in sy land. 1661 – Die Nederlandse kommandant aan die Kaap, Jan van Riebeeck, skrywe in sy Dagregister dat die eerste lemoene in die Kompanjiestuin in Kaapstad gepluk is 1712 – Tweede Villmergse-oorlog: In die bloedige Veldslag van Villmergen oorwin die protestantse lede die katolieke lede van die Switserse Bondgenootskap. Meer as 3000 man sneuwel in die veldslag. 1894 – Aanvang van die Eerste Chinees-Japannese Oorlog. 1909 – Die Franse vlieënier Louis Blériot word die eerste persoon om die Engelse Kanaal in 'n swaarder-as-lug vliegtuig te oorkruis. 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Benito Mussolini word uit sy pos gedwing deur sy eie Italiaanse Hoofraad en deur Pietro Badoglio vervang. 1946 – Die VSA toets vir die eerste keer 'n atoombom onderwater by die Bikini-atol. 1971 – Chris Barnard voer die eerste gekombineerde hart-longoorplanting by Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad, Suid-Afrika uit. 1978 – Die eerste proefbuisbaba, Louise Brown, word gebore. 1993 – Die St. James-bloedbad vind plaas in Kaapstad. 2000 – Air France Concorde Vlug 4590 stort neer kort nadat dit in Parys opstyg - met 113 sterftes tot gevolg. 2024 – Slag van Tinzaouaten vind plaas in Mali waartydens Toeareg-rebelle Russiese huursoldate die grootste verlies toedien sedert die 2021 Wagner-groep ontplooiing in die land.
Geboortes 1683 – Pieter Langendijk, Nederlandse damaswewer, stadskunstenaar, dramaturg en digter († 1756). 1885 – Cornelia van Oversteeg, Afrikaanse onderwyseres van leergestremde kinders († 1939). 1898 – Miemie Louw-Theron, Afrikaanse skrywer († 1992). 1914 – Woody Strode, Amerikaanse rolprentakteur († 1994). 1918 – Japie Basson, Suid-Afrikaanse Volksraadslid van die Nasionale Party, Nasionale Unie, Verenigde Party en Progressiewe Federale Party († 2012). 1923 – Estelle Getty, Amerikaanse aktrise († 2008). 1928 – Koos Andriessen, Nederlandse ekonoom en politikus († 2019). 1930 – Rosalind Franklin, Engelse skeikundige en X-straalkristallografis († 1958). 1930 – Ian Kirkpatrick, Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler en -afrigter († 2012). 1932 – Paul J. Weitz, Amerikaanse vlootkaptein, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder († 2017). 1936 – Glenn Murcutt, Australiese argitek. 1961 – Katherine Kelly Lang, Amerikaanse aktrise. 1967 – Matt LeBlanc, Amerikaanse akteur. 1972 – Masayuki Okano, Japannese sokkerspeler. 1978 – Louise Brown, die wêreld se eerste proefbuisbaba. 1982 – Brad Renfro, Amerikaanse rolprentakteur.
Sterftes 1492 – Constantius Chlorus, 52ste keiser van die Romeinse Ryk (* 250). 1492 – Pous Innocentius VIII, die 213de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1432). 1831 – Maria Szymanowska, Poolse pianis en klassieke komponis (* 1789). 1834 – Samuel Taylor Coleridge, Engelse filosoof en digter (* 1772). 1912 – Michael Henry Gallwey, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof (* 1826). 1924 – Jan Kamp, professor in Nederlandse letterkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. (* 1861). 1932 – Cyriel Buysse, Vlaamse naturalistiese skrywer en dramaturg (* 1859). 1934 – Engelbert Dollfuss, Oostenrykse politikus en diktator (* 1892). 1983 – M.I. Murray, Afrikaanse skrywer, dramaturg en lektrise (* 1899). 1986 – Vincente Minnelli, Amerikaanse regisseur (* 1903). 1988 – Judith Barsi, Amerikaanse kinderaktrise (* 1978). 1992 – Alfred Drake, Amerikaanse akteur en sanger (* 1914). 2009 – Prof. Tienie van Schoor, Afrikaanse historikus en skrywer (* 1920). 2014 – Carlo Bergonzi, Italiaanse operatenoor (* 1924). 2018 – Tom Gouws, Afrikaanse skrywer en akademikus (* 1961). 2022 – Paul Sorvino, Amerikaanse akteur (* 1939). 2023 – Jani Allan, Suid-Afrikaanse joernalis en radiokommentator (* 1952). 2024 – Louis van Schoor, Suid-Afrikaanse massamoordenaar (* 1950).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Sint James die Grote
Kategorie:Julie