21 Julie is die 202de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (203de in skrikkeljare). Daar volg nog 163 dae in die res van die jaar.
Gebeure 230 – Pous Pontianus volg Pous Urbanus I op. 649 – Pous Martinus I volg Pous Theodorus I op. 1298 – Edward I van Engeland verslaan William Wallace se Skotse rebelle by die Slag van Falkirk. 1542 – Pous Paulus III publiseer die bul Licet ab initio wat die Inkwisisie sentraliseer. 1621 – Pous Gregorius XV stel twee nuwe kardinale aan waaronder sy familielid Marcantonio Gozzadini. 1766 – Pous Clemens XIII stel Giovanni Ottavio Bufalini, titulêr aartsbiskop van Chalcedonië en Giovanni Carlo Boschi, titulêr aartsbiskop van Athene, aan as kardinale. 1773 – Pous Clemens XIV publiseer sy brief Dominus ac redemptor noster waarin die Jesuïte-orde ontbind word. 1823 – Die eerste blanke persoon in die Transvaal word op Makwassie gebore, die baba Broadbents. 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die eerste Slag van Bull Run vind plaas. 1954 – By die Geneefse Konferensie na die Indo-Chinaoorlog word besluit om Viëtnam in twee te deel. 1961 – Amerika se tweede bemande ruimtetuig Mercury-Redstone 4 word lanseer. 1970 – Die Aswandam in Egipte word na 11 jaar se konstruksie voltooi. 1981 – Sri Lanka word 'n volle lid van die Internasionale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR). 1994 – Tony Blair word tot leier van die Arbeidersparty verkies en word sodoende die leier van die Britse opposisie. 1995 – Die Chinese weermag begin missiele in die waters noord van Taiwan vuur en ontketen daarmee die Derde Straat van Taiwan-krisis. 1997 – Die 200ste verjaardag van die volledig gerestoureerde USS Constitution (alias "Old Ironsides") word gevier deur vir die eerste keer in 116 jaar 'n vaartog te onderneem. 2010 – Slowenië sluit by die OESO aan. 2013 – Nadat Albert II ten gunste van sy oudste seun abdikeer het, lê Filip die ampseed as nuwe koning van België af.
Geboortes 1414 – Francesco della Rovere, Pous Sixtus IV, die 212de pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Celle, naby Savona, Italië († 1484). 1710 – Paul Heinrich Gerhard Möhring, Duitse dokter, plantkundige en dierkundige († 1792). 1809 – Ferdinand Augustijn Snellaert, Vlaamse skrywer. († 1872). 1812 – Kmdt. Louw Wepener, Boerekryger († 1865). 1861 – Genl. Jan Celliers, Boerekryger († 1931). 1877 – Harm Oost, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus († 1964). 1899 – Ernest Hemingway, Amerikaanse skrywer († 1961). 1911 – Marshall McLuhan, Kanadese mediakenner († 1980). 1920 – Isaac Stern, Amerikaanse violis van Russiese afkoms († 2001). 1921 – Credo Mutwa, Zoeloe sangoma en skrywer († 2020). 1922 – Mollie Sugden, Britse aktrise († 2009). 1924 – Don Knotts, Amerikaanse televisieakteur († 2006). 1935 – Aubrey Kruger, Suid-Afrikaanse tekenaar en uitvinder van die dolos († 2016). 1944 – John Atta Mills, Ghanese politikus († 2012). 1947 – Co Adriaanse, Nederlandse sokkerspeler en -afrigter. 1948 – Beppe Grillo, Italiaanse aktivis, akteur, komediant en politikus. 1948 – Cat Stevens (alias Yusuf Islam), Britse sanger. 1951 – Robin Williams, Amerikaanse akteur en komediant († 2014). 1963 – Noxolo Kiviet, Suid-Afrikaanse ANC-politikus. 1966 – Arija Bareikis, Amerikaanse aktrise. 1971 – Charlotte Gainsbourg, Frans-Britse aktrise, sangeres en fotomodel. 1985 – Aliette Opheim, Sweedse aktrise. 1989 – Jamie Waylett, Britse akteur.
Sterftes 1425 – Manuel II Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1350). 1796 – Robert Burns, nasionale digter van Skotland (* 1759). 1943 – Charley Paddock, Amerikaanse atleet en akteur (* 1900). 1944 – Claus von Stauffenberg, Duitse soldaat (* 1907). 1948 – Bruckner de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus (* 1875). 1967 – Albert Luthuli, President van die ANC (* 1898). 1967 – Pierre Kemp, Nederlandse digter (* 1886). 1967 – Basil Rathbone, Suid-Afrikaans-Amerikaanse akteur en sanger (* 1892). 1972 – Jigme Dorji Wangchuck, 3de koning van Bhutan (* 1928). 1974 – Chris Blignaut, legendariese Afrikaanse sanger (* 1897). 1977 – Henry Vahl, Duitse akteur (* 1897). 1982 – Dave Garroway, Amerikaanse joernalis en akteur (* 1913). 1989 – Ds. Pieter du Toit, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1921). 1998 – Alan Shepard, Amerikaanse vlootvlieënier en ruimtevaarder (* 1923). 2005 – Long John Baldry, Brits-Kanadese akteur en sanger (* 1941). 2020 – Andrew Mlangeni, ANC-aktivis en een van die agt mans in die Rivonia-verhoor (* 1925). 2021 – Lieb Bester, Suid-Afrikaanse akteur en musikant (* 1949). 2025 – Des van Jaarsveldt, Suid-Afrika se sewe-en-twintigste Springbokkaptein (* 1929).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Die Nasionale Dag van België.
Kategorie:Julie