16 Julie is die 197ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (198ste in skrikkeljare). Daar volg nog 168 dae in die res van die jaar.

Gebeure 622 – Begin van die Islamkalender. 1054 – Begin van die groot Oos-Wes-skisma. 1228 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Franciskus van Assisi heilig. 1560 – Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V) word konsulent van die Inkwisisie in Rome. 1705 – Pous Clemens XI publiseer die bul Vineam Domini teen die Jansenisme. 1721 – Pous Innocentius XIII stel Guillaume Dubois, aartsbiskop van Kameryk en Alessandro Albani, O.S.Io.Hieros., priester van die apostoliese kamer aan as kardinale. 1730 – Pous Clemens XII word gekroon deur kardinaal Lorenzo Altieri. 1746 – Pous Benedictus XIV publiseer Accepimus praestantium oor die kruisbeeld op die altaar tydens die mis. 1758 – Pous Clemens XIII word gekroon deur kardinaal Alessandro Albani. 1767 – Pous Clemens XIII verklaar Johannes van Kanti heilig. 1846 – Pous Pius IX verleen amnestie aan politieke gevangenes en dissidente. 1918 – Die Russiese tsaar Nikolaas II van Rusland en sy gesin word vermoor. 1945 – Manhattan-projek: Trinity, die eerste atoombomtoets word onderneem naby Alamogordo, Nieu Meksiko, VSA. 1948 – Die wêreld se eerste turboskroef aangedrewe passasiersvliegtuig, die Vickers Viscount, voltooi sy nooienvlug. 1965 – Die Mont Blanc-tonnel word in diens gestel. 1969 – Die Apollo 11-sending begin met die lansering van die Saturn V-vuurpyl by Kaap Kennedy as deel van die eerste sending om 'n man op die maan te land. 1979 – Saddam Hoessein neem oor as Irak se president. 1994 – Die planeet Jupiter word deur fragmente van die komeet Shoemaker-Levy 9 getref.

Geboortes 1678 – Jakob Hermann, Switserse wiskundige wat op probleme in klassieke meganika gewerk het († 1733). 1834 – Adolf Lüderitz, Duitse koopman en stigter van die eerste Duitse kolonie in Suidwes-Afrika, vandag Namibië († 1886). 1858 – Eugène Ysaÿe, Belgiese violis en komponis († 1931). 1860 – Otto Jespersen, Deense taalkundige († 1943). 1872 – Roald Amundsen, Noorse pool- en ontdekkingsreisiger († waarskynlik 18 Junie 1928). 1896 – Trygve Lie, Noorse politikus; van 1946-1952 sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 1968), 1906 – Vincent Sherman, Amerikaanse filmregisseur († 2006), 1907 – Barbara Stanwyck, Amerikaanse aktrise († 1990). 1911 – Ginger Rogers, Amerikaanse aktrise, danser en sanger († 1995). 1915 – Barnard Hughes, Amerikaanse akteur († 2006). 1925 – Walid Khalidi, Palestynse historikus († 2026). 1947 – Roelf Meyer, Suid-Afrikaanse politikus. 1948 – Pinchas Zukerman, Israeliese vioolspeler en dirigent. 1966 – Michael Horn, Suid-Afrikaans-gebore Switserse professionele ontdekkingsreisiger en avonturier. 1967 – Will Ferrell, Amerikaanse akteur en komediant. 1973 – Shaun Pollock, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1975 – Tim Guest, Engelse skrywer en joernalis († 2009). 1990 – James Maslow, Amerikaanse akteur en sanger. 1996 – Luke Hemmings, Australiese sanger, lid van 5 Seconds of Summer.

Sterftes 166 – Pous Keladionus van Alexandrië negende patriarg van die Kerk in Alexandrië (* onbekend). 1216 – Pous Innocentius III, die 176ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Perugia, Italië (* 1161). 1557 – Anna van Kleef, die vierde vrou van Hendrik VIII van Engeland (* 1515). 1594 – Thomas Kyd, Engelse dramaturg (* 1558). 1764 – Iwan VI van Rusland, tsaar van Rusland (* 1740). 1906 – Alfred Beit, Brits-Suid-Afrikaanse diamante- en goudmagnaat en filantroop (* 1853). 1918 – Anastasia Romanowa, groothertogin van Rusland (* 1901). 1918 – Nikolaas II van Rusland, laaste Tsaar van Rusland (* 1868). 1918 – Prinses Alix van Hesse-Darmstadt, vrou van Nikolaas II van Rusland. (* 1872). 1956 – Dr. Willem Petrus Steenkamp, Suid-Afrikaanse predikant, dokter en politikus (* 1879). 1967 – Frikkie Burgers, Suid-Afrikaanse vermaakkunstenaar, radio- en rolprentpersoonlikheid en orrelis. (* 1907). 1923 – Louis Couperus, Nederlandse romansier en digter (* 1863). 1979 – Lydia Lindeque, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1916). 1982 – C.R. Swart, die laaste Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika en die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika (* 1894). 1989 – Herbert von Karajan, Oostenrykse dirigent (* 1908). 2019 – Johnny Clegg, Suid-Afrikaanse sanger (* 1953). 2023 – Jane Birkin, Engelse aktrise (* 1946). 2025 – Connie Francis, 'n Amerikaanse aktrise (* 1937). 2026 – Tersia Marshall, Suid-Afrikaanse politikus (* 1980).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesag van Pous Keladionus van Alexandrië volgens die Kopties-Ortodokse Kerk.

Kategorie:Julie