17 Julie is die 198ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (199ste in skrikkeljare). Daar volg nog 167 dae in die res van die jaar.
Gebeure 561 – Pous Johannes III volg Pous Pelagius I op. 1048 – Pous Damasus II volg Pous Clemens II op. 1700 – Pous Innocentius XII verklaar Augustine Gazotich salig. 1754 – Pous Benedictus XIV verklaar Seraphina (Sueva) Sforza salig. 1755 – Die skip Doddington strand by Voëleiland in Algoabaai. 1775 – Pous Pius VI stel Francesco Maria Banditi, Theat., aartsbiskop van Benevento en Ignazio Gaetano Boncompagni-Ludovisi, referendaris van die hooftribunaal van die Signatura vir Geregtigheid en Genade aan as kardinale. 1815 – Napoleontiese Oorloë: Napoleon gee by Rochefort, Frankryk, aan Britse magte oor. 1932 – Leeudoringstad-spoorwegramp: 'n Goederetrein met 'n vrag van 1200 ton dinamiet ontplof by Leeudoringstad in Suid-Afrika. 1936 – Die Spaanse Burgeroorlog, wat tot 1939 sou duur, begin met 'n militêre staatsgreep deur die regse nasionaliste onder generaal Francisco Franco in Spaans-Marokko. 1955 – Disneyland open in Anaheim, Kalifornië. 1967 – Die onbemande ruimtetuig Surveyor 4 stort op die maan neer. 1996 – Die Gemeenskap van Portugese Lande word deur Angola, Brasilië, Guinee-Bissau, Kaap Verde, Mosambiek, Portugal en São Tomé en Príncipe in Lissabon gestig. 1999 – Penny Heyns van Suid-Afrika behaal in Los Angeles tweemaal 'n wêreldrekord vir borsslag oor 200 m. Haar beste tyd is 2:24,51. 2014 – 'n Boeing 777, Malaysia Airlines-vlug 17, word deur militantes neergeskiet in die ooste van die Oekraïne. Al 298 insittendes sterf in die ramp.
Geboortes 1896 – Hendrik Hanekom, Suid-Afrikaanse toneelakteur († 1952). 1899 – James Cagney, Amerikaanse akteur († 1986). 1911 – Yang Jiang Chinese dramaturg, skrywer, en vertaler († 2016). 1917 – Phyllis Diller, Amerikaans aktrise en komediant († 2012). 1935 – Diahann Carroll, Amerikaanse aktrise († 2019). 1935 – Donald Sutherland, Kanadese akteur († 2024). 1947 – Koningin Camilla van die Verenigde Koninkryk, gekroon op 6 Mei 2023. 1952 – David Hasselhoff, Amerikaanse akteur. 1952 – Marah Louw, Suid-Afrikaanse sangeres en aktrise. 1954 – Angela Merkel, Duitse bondskanselier. 1960 – Dawn Upshaw, Amerikaanse sopraan. 1961 – Zbigniew Zamachowski, Poolse akteur. 1965 – Alex Winter, Engelse regisseur, akteur en vervaardiger. 1975 – Terence Tao, Australies-Amerikaanse wiskundige. 1987 – Meghan Camarena, Amerikaanse aktrise en regisseuse.
Sterftes 855 – Pous Leo IV, 103de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±790). 1399 – Hedwig van Pole, Poolse koningin (* 1373). 1588 – Mimar Sinan, Ottomaanse argitek en siviele ingenieur (* 1489). 1790 – Adam Smith, Skotse ekonoom (* 1723). 1762 – Pieter III van Rusland, tsaar van Rusland (* 1728). 1912 – Henri Poincaré, Franse fisikus (* 1854). 1942 – Tinus de Jongh, Suid-Afrikaanse skilder (* 1885). 1943 – Sir Patrick Duncan, Britse politikus en sesde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1937–1943) (* 1870). 1945 – Ernst Busch, Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1885). 1995 – Juan Manuel Fangio, Argentynse motorrenjaer en vyfmalige F1-kampioen (* 1911). 2015 – Jules Bianchi, Franse F1-renjaer (* 1989). 2022 – Jessie Duarte, Suid-Afrikaanse ANC-veteraanpolitikus (* 1953).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Pous Leo IV in die Rooms-Katolieke Kerk. Verjaarsdag van die koning van Lesotho.
Kategorie:Julie