15 Julie is die 196ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (197ste in skrikkeljare). Daar volg nog 169 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1410 – Die Slag van Tannenberg vind plaas. 1588 – Pous Sixtus V stel Gian Francesco Mosorini, biskop van Brescia, aan as kardnaal. 1691 – Pous Innocentius XII word gekroon deur kardinaal Urbano Saccetti. 1739 – Pous Clemens XII stel Marcellino Corio, goewerneur van Rome aan as kardinaal. 1799 – Franse soldate ontdek die Rosettasteen op die dorpie Rasjid in Egipte se Nyldelta. 1801 – Pous Pius VII sluit ’n konkordaat met Napoleon Bonaparte. 1870 – Manitoba word die vyfde provinsie van die Kanadese Konfederasie en die Hudson's Bay Company oorhandig die Noordwestelike gebiede aan Kanada. 1913 – Die Lötschberg-spoorlyn tussen die Kanton Bern en die Kanton Wallis oor die Lötschberg-bergmassief in Switserland word geopen 1916 – Die Boeing-maatskappy word in Seattle, Verenigde State, gestig. 1930 – Die Britse regering bestel 1 000 Spitfire vegvliegtuie. 1954 – Nooiensvlug van die Boeing 707. 1974 – Aartsbiskop Makarios, die president van Siprus, word in 'n staatsgreep tot 'n val gebring. 1995 – Serwiese magte dwing Moslems uit Srebrenica in wat die Verenigde Nasies as die grootste "etniese suiweringsoperasie" sedert die Tweede Wêreldoorlog beskryf. 1997 – Die Italiaanse modeontwerper Gianni Versace word voor sy huis in Miami doodgeskiet. 1999 – Die Volksrepubliek China verklaar dat hy oor die nodige tegnologie beskik om 'n neutronbom te vervaardig. 2018 – Frankryk wen die 21ste Sokker-Wêreldbekertoernooi in Rusland.

Geboortes 1606 – Rembrandt van Rijn, Hollandse skilder in Leiden († 1669). 1863 – Thomas Maskew Miller, Suid-Afrikaanse boekhandelaar en uitgewer († 1926). 1879 – Ferdinand Postma, eerste rektor van die PU vir CHO († 1950). 1885 – Tom Kennedy, Amerikaanse akteur († 1965). 1892 – Walter Benjamin, Duits-Joodse Marxistiese kultuurfilosoof. († 1940). 1893 – Enid Bennett, Australiese aktrise († 1969). 1914 – Howard Vernon, Switsers-Franse akteur († 1996). 1917 – Nur Muhammad Taraki, Afghaanse joernalis en politikus († 1979). 1919 – Iris Murdoch, Engelse skrywer en filosoof († 1999). 1920 – Kathryn Adams Doty, Amerikaanse akteur († 2016). 1921 – Jean Heywood, Britse aktrise († 2019). 1924 – Bartho Smit, Afrikaanse skrywer en dramaturg († 1986). 1925 – Philip Carey, Amerikaanse akteur († 2009). 1927 – Carmen Zapata, Amerikaanse aktrise († 2014). 1930 – Jacques Derrida, Algeries-Franse filosoof en akademikus († 2004). 1931 – Gene Louw, Suid-Afrikaanse politikus († 2015). 1935 – Ken Kercheval, Amerikaanse akteur en regisseur († 2019). 1939 – Chris Barnard, Suid-Afrikaanse skrywer († 2015). 1943 – Jocelyn Bell Burnell, Noord-Ierse astrofisikus. 1945 – Jan-Michael Vincent, Amerikaanse akteur († 2019). 1946 – Linda Ronstadt, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en aktrise. 1946 – Hassanal Bolkiah, Sultan van Brunei. 1949 – Carl Bildt, Sweedse politikus en diplomaat. 1951 – Jesse Ventura, Amerikaanse stoeier, akteur en politikus. 1952 – Celia Imrie, Engelse aktrise. 1960 – Willie Aames, Amerikaanse akteur, skrywer, en regisseur. 1961 – Lolita Davidovich, Kanadese aktrise. 1961 – Forest Whitaker, Amerikaanse akteur. 1962 – Ebrahim Rasool, ANC-politikus en oud-premier van die Wes-Kaap. 1963 – Terblanche Jordaan, Afrikaanse predikant, skrywer en dramaturg. 1966 – Irène Jacob, Frans-Switserse aktrise. 1972 – Scott Foley, Amerikaanse akteur. 1973 – Brian Austin Green, Amerikaanse akteur. 1976 – Diane Kruger, Duitse aktrise en model. 1976 – Gabriel Iglesias, Meksikaans-Amerikaanse komediant.

1977 – Lana Parrilla, Amerikaanse aktrise 1979 – Laura Benanti, Amerikaanse aktrise en sanger. 1983 – Cyril Descours, Franse akteur. 1987 – James Rees, Australiese akteur en komediant. 1992 – Wayde van Niekerk, Suid-Afrikaanse naelloper.

Sterftes 1274 – Bonaventura (Giovanni di Fidanza), Italiaanse fransiskaanse teoloog en filosoof (* 1221). 1919 – Emil Fischer, Duitse chemikus en Nobelpryswenner (* 1852). 1932 – C.J. Langenhoven, Afrikaanse skrywer en politikus (* 1873). 1959 – Ernest Bloch, Amerikaanse komponis van Switserse afkoms (* 1880). 1951 – Helena Lochner, Afrikaanse skrywer (* 1892). 2012 – Celeste Holm, Amerikaanse aktrise (* 1917). 2017 – Maryam Mirzakhani, Iranse wiskundige (* 1977). 2019 – Marc Batchelor, Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspeler (* 1970). 2021 – Peter R. de Vries, Nederlandse ondersoekjoernalis en misdaadverslaggewer (* 1956). 2021 – Leon Kruger, Afrikaanse akteur en dramaturg (* 1972). 2026 – Guy Scott, Zambiese politikus en waarnemende president (* 1944).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae ’n Fees in die naam van Sint Rosalia word gehou op die dag in Palermo. Op 4 September word ’n verwante tradisie uitgevoer waarin mense kaalvoet van Palermo tot by Mount Pellegrino loop.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Julie