duimnael|180px|Morné Steyngebore in 1984 duimnael|180px|Rachael Taylorgebore in 1984 duimnael|180px|Caroline Wozniackigebore in 1990

11 Julie is die 192ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (193ste in skrikkeljare). Daar volg nog 173 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1476 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Coutance. 1742 – Pous Benedictus XIV publiseer "Ex quo singulari" teen die akkommodasie van heidense praktyke. 1803 – Pous Pius VII stel Antonio Despuig y Dameto, titulêr patriarg van Antiochië en Pierfrancesco Galleffi, kanunnik van die Vatikaanse basiliek aan as kardinale. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die slae van Silkaatsnek, Dwarsvlei en Onderstepoort vind plaas. 1979 – Die NASA ruimtetuig Skylab brand (beplan) uit in die Aarde se atmosfeer. 2012 – Die Hubble-ruimteteleskoop ontdek die vyfde natuurlike satelliet van die dwergplaneet Pluto, Styx. 2021 – Onrus breek in KwaZulu-Natal en Gauteng uit wat spoedig tot wydverspreide winkelplundering in die provinsies lei.

Geboortes 1767 – John Quincy Adams, die 6de President van die Verenigde State († 1848). 1888 – Carl Schmitt, Duitse politieke filosoof († 1985). 1904 – Anna Rothmann, Afrikaanse skrywer en die dogter van M.E.R. († 2000). 1912 – Sergiu Celibidache, Romeense orkesdirigent en komponis († 1996). 1920 – Yul Brynner, Amerikaanse akteur († 1985). 1921 – Ilse Werner, Duitse aktrise en sangeres († 2005). 1927 – Herbert Blomstedt, Sweedse dirigent. 1929 – Theuns Briers, Springbokrugbyspeler († 2018). 1932 – Hans van Manen, Nederlandse choreograaf († 2025). 1933 – Joyce Piliso-Seroke, Suid-Afrikaanse opvoedkundige, aktivis, feminis en gemeenskapsorganiseerder. 1935 – Giorgio Armani, Italiaanse klereontwerper († 2025). 1950 – Bruce McGill, Amerikaanse akteur. 1953 – Mindy Sterling, Amerikaanse aktrise. 1957 – Joe Phaahla, Suid-Afrikaanse politikus, voormalige minister van gesondheid. 1968 – Mark Fisher, Britse skrywer, kultuurteoretikus, filosoof en dosent († 2017). 1984 – Morné Steyn, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springboklosskakel. 1984 – Rachael Taylor, Australiese televisie- en filmaktrise. 1989 – David Henrie, Amerikaanse akteur. 1990 – Connor Paolo, Amerikaanse akteur. 1990 – Caroline Wozniacki, Deense tennisster.

Sterftes 969 – Olga van Kiëf, regent van Kiëf-Roes (* circa 881). 1733 – Jakob Hermann, 'n Switserse wiskundige wat aan die probleme in klassieke meganika gewerk het (* 1678). 1804 – Alexander Hamilton, staatsman van die Verenigde State van Amerika (* 1755 of 1757). 1937 – George Gershwin, Amerikaanse komponis (* 1898). 1941 – Ds. Dirk du Plessis, predikant in 3 Gereformeerde kerke (* 1883). 1989 – Heer Laurence Olivier, Britse akteur, regisseur (* 1907). 1994 – Shannon Wilsey (Savannah), Amerikaanse aktrise, pornoster (* 1970). 2006 – Barnard Hughes, Amerikaanse akteur (* 1915). 2007 – Bill Flynn, Suid-Afrikaanse akteur (* 1948). 2008 – Michael DeBakey, bekende hartchirurg wat die hartvatomleidingchirurgie uitgevind en ontwikkel het (* 1908). 2012 – Rutger Kopland, Nederlandse digter en skrywer (* 1934). 2023 – Milan Kundera, Tsjeggiese en Franse skrywer (* 1929). 2024 – Shelley Duvall, Amerikaanse aktrise (* 1949).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Pius I van die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Julie