12 Julie is die 193ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (194ste in skrikkeljare). Daar volg nog 172 dae in die res van die jaar.
Gebeure 526 – Pous Felix IV volg Pous Johannes I op. 1215 – Frederik II word in Aken tot keiser gekroon. 1276 – Pous Adrianus V volg Pous Innocentius V op. 1470 – Die Turke verower Negroponte. 1645 – Tsaar Aleksei van Rusland begin sy ampstermyn as heerser van Rusland. 1691 – Pous Innocentius XII volg Pous Alexander VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1717 – Pous Clemens XI stel Giulio Alberoni en Imre Csáky, aartsbiskop van Kalocsa en Bács, Hongarye aan as kardinale. 1721 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word goewerneur van Fano. 1730 – Pous Clemens XII volg Pous Benedictus XIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1779 – Pous Pius VI stel František de Paula Hrzán z Harasova, ouditeur van die Heilige Roomse Rota en Alessandro Mattei, aartsbiskop van Ferrara, aan as kardinale. 1841 – Pous Gregorius XVI stel Tommaso Pasquale Gizzi, titulêr aartsbiskop van Tebe aan as kardinaal. 1848 – Andries Pretorius gaan Winburg binne met 'n groot gewapende mag. 1930 – Sir Donald Bradman stel 'n nuwe kolfwêreldrekord van 334 lopies op teen Engeland. 1947 – In Komatipoort, Mpumalanga, sterf 21 mense (8 volwassenes en 13 kinders) nadat 'n koek met arseen in die versiersuiker by Jacoba Ferreira se tiende verjaardag-partytjie bedien is. 1975 – São Tomé en Príncipe word van Portugal onafhanklik. 1979 – Kiribati word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 1993 – 'n Aardbewing aan die kus van Hokkaido, Japan, wat 7,8 op die Richterskaal registreer, veroorsaak 'n tsoenami met 202 sterfgevalle op die klein eiland Okushiri.
Geboortes 1854 – George Eastman, Amerikaanse uitvinder († 1932). 1868 – Stefan George, Duitse digter († 1933). 1887 – Rudolph Lewis, eerste Suid-Afrikaner wat 'n Olimpiese goue medalje in fietsry kon wen († 1933). 1908 – Milton Berle, Amerikaanse akteur, komediant († 2002). 1914 – Topsy Smith, Afrikaanse jeugboekskrywer († 1985). 1951 – Stuart Devenie, Nieu-Seelandse akteur. 1968 – Amy Kleinhans, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, mejuffrou Suid-Afrika in 1992. 1978 – Zak van Niekerk, Suid-Afrikaanse sanger († 2012). 1986 – JP Pietersen, Springbokrugbyspeler. 1991 – James Rodríguez, Colombiaanse professionele sokkerspeler en kaptein van die Colombiaanse nasionale sokkerspan. 1997 – Malala Yousafzai, Pakistanse kinderregteaktivis.
Sterftes 783 – Bertrada, vrou van Pepyn die Korte. 1536 – Desiderius Erasmus, Nederlandse priester, teoloog, filosoof, skrywer en humanis.(* 1466, 1467 of 1469). 1772 – Marc-Joseph Marion du Fresne, Franse ontdekkingsreisiger (* 1724). 1978 – L.W. Hiemstra, Suid-Afrikaanse taalkundige (* 1897). 1993 – Hans Zanotelli, Duitse dirigent (* 1927). 1998 – Marais Steyn, Suid-Afrikaanse politikus (* 1914). 2013 – Amar Bose, Amerikaanse akademikus, ingenieur en entrepreneur (* 1929). 2016 – L.A.P.A. Munnik, Suid-Afrikaanse geneesheer en politikus (* 1925). 2017 – Ray Phiri, Suid-Afrikaanse sanger (* 1947). 2020 – Kelly Preston, Amerikaanse aktrise (* 1962). 2021 – Dr Ben Ngubane, Suid-Afrikaanse politikus en voormalige Eskom-voorsitter (* 1941).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Julie