9 Julie is die 190ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (191ste in skrikkeljare). Daar volg nog 175 dae in die res van die jaar.
Gebeure 926 – Pous Johannes X sluit in Mantua 'n verbond met Hugo van die Provence, koning van Italië. 1386 – Veldslag van Sempbach: 1500 man van die Switserse Bondgenootskap vernietig die Oostenrykse aanvalsmag van 6000 man onder hertog Leopold van Habsburg (Oostenryk). Hertog Leopold sterf op die slagveld. 1606 – Pous Paulus V skryf 'n brief aan koning Jakobus I van Engeland om hom geluk te wens met troonsbestyging (drie jaar later). 1753 – Pous Benedictus XIV publiseer Sollicita ac provida oor die herorganisasie van die Indeks van Verbode Boeke. 1816 – Argentinië verklaar sy onafhanklikheid van Spanje. 1915 – Eerste Wêreldoorlog: die Duitse magte gee in Duits-Suidwes-Afrika hulle op Khorab oor aan Suid-Afrikaanse soldate onder genl. Louis Botha. 1916 – Die Suid-Amerikaanse Sokkerassosiasie word in Buenos Aires, Argentinië, deur vier lande gestig. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Holocaust - Anne Frank se gesin begin skuil in 'n solder bo haar vader se kantoor in 'n Amsterdamse pakhuis. 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde valskermstroepe land in Sisilië en Operasie Husky begin. 1962 – Die Starfish Prime-kernontploffing in die ruimte vind plaas. 1991 – Suid-Afrika word tot die Olimpiese beweging hertoegelaat ná 30 jaar in isolasie. 2002 – Stigting van die Afrika-unie, die opvolger van die Organisasie vir Afrika-eenheid, in Lusaka. 2011 – Suid-Soedan verklaar sy onafhanklikheid van Soedan.
Geboortes 1785 – Johannes Smuts, 'n staatsamptenaar, sakeman en die tweede burgemeester van Kaapstad († 1869). 1834 – Sir Thomas Scanlen, eerste minister van die Kaapkolonie († 1912). 1898 – Gerard Walschap, Vlaamse skrywer († 1989). 1901 – Barbara Cartland, Britse skryfster († 2000). 1910 – Govan Mbeki, Suid-Afrikaanse politikus en vader van Thabo Mbeki († 2001). 1932 – John Anthony West, Amerikaanse skrywer, dosent en geologiegids († 2018). 1932 – Donald Rumsfeld, 'n Amerikaanse politikus en sakeman († 2021). 1933 – Oliver Sacks, Britse neuroloog en skrywer († 2015). 1942 – Richard Roundtree, Amerikaanse akteur († 2023). 1947 – O.J. Simpson ("The Juice"), afgetrede Amerikaanse voetbalspeler, akteur en misdadiger († 2024). 1948 – Jeanne Zaidel-Rudolph, Suid-Afrikaanse komponis. 1956 – Tom Hanks, Amerikaanse akteur. 1957 – Kelly McGillis, Amerikaanse filmaktrise en -vervaardiger. 1959 – Bart de Graaff, Nederlandse skrywer († 2024). 1969 – Gert-Jan Segers, Nederlandse politikus. 1995 – Georgie Henley, Engelse aktrise. 1997 – Tatjana Schoenmaker, Suid-Afrikaanse vroueswemmer.
Sterftes 518 – Anastasius I, keiser van Bisantium (* 430). 1627 – Dirk Rafaelsz Camphuysen, Nederlandse skilder, digter en teoloog (* 1586) 1797 – Edmund Burke, Ierse filosoof en politikus (* 1729) 1850 – Zachary Taylor, die twaalfde President van die Verenigde State (* 1784). 1959 – T.P.N. Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en merinoteler (* 1874). 1984 – Arthur Bleksley, Suid-Afrikaanse wetenskaplike (* 1908). 2002 – Rod Steiger, Amerikaanse akteur (* 1925). 2019 – Ross Perot, Amerikaanse sakeman, politikus en miljardnêr (* 1930). 2021 – Geoff Makhubo, Suid-Afrikaanse politikus en burgemeester van die Johannesburg Metro (* 1968).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Kategorie:Julie