10 Julie is die 191ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (192ste in skrikkeljare). Daar volg nog 174 dae in die res van die jaar.
Gebeure 48 v.C. – Julius Caesar het 'n noue ontkoming in 'n katastrofiese nederlaag teen Pompeius in Masedonië. 1393 – Sembacherbrief. Die lede van die Switserse Bondgenootskap kom ooreen tov hulle reëls van oorlogvoering. Die eiendom van burgerlikes word beskerm (geen plundering) en die mishandeling van vroue verbied. 1890 – Wyoming word die 44ste deelstaat van die Verenigde State. 1913 – In Death Valley, Kalifornië, word 'n temperatuur van 56,7 °C (134 °F) gemeet – dit is die hoogste temperatuur wat nog in die Verenigde State gemeet is. 1914 – Die Switserse Versekeringshof begin sy werksaamhede. 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerdes val Sisilië in. 1962 – Die kommunikasie satelliet Telstar 1 word lanseer. 1973 – Die Bahamas verkry hul onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk. 1985 – Die Greenpeace-skip Rainbow Warrior word opgeblaas in Aucklandhawe. 1991 – Suid-Afrika se nuwe krieketliggaam, die Verenigde Krieketraad, word deur die Internasionale Krieketraad erken, en ná 21 jaar is die land tot internasionale krieket hertoegelaat.
Geboortes 1509 – Johannes Calvyn, Franse teoloog en predikant († 1564). 1631 – Douw Gerbrandts Steyn, die groot stamvader van die Steyns in Suid-Afrika († 1700). 1819 – Pieter Bleeker, 'n Nederlandse dokter, igtioloog en herpetoloog († 1878). 1856 – Nikola Tesla, Oostenrykse gebore, Amerikaanse uitvinder, fisikus, meganiese ingenieur, elektroniese ingenieur en futuris († 1943). 1865 – Henri Georges Fourcade, Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige († 1948). 1871 – Marcel Proust, Franse skrywer († 1922). 1877 – Ernest Brown Babcock, Amerikaanse plantgenetikus († 1954). 1879 – Paul Charles Édouard Bertrand, Franse paleobotanis († 1944). 1905 – Eric Rosenthal, Suid-Afrikaanse skrywer en historikus († 1983). 1908 – Wally Hayward, vyfmalige wenner van die Comrades-maraton († 2006). 1922 – Jake LaMotta, Amerikaanse bokser († 2017). 1925 – Mahathir Mohamad, politikus en Eerste Minister van Maleisië. 1940 – Dawie de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus en twee-en-dertigste Springbokkaptein († 2022). 1942 – Sixto Rodriguez, Amerikaanse musikant († 2023). 1946 – Emma Huismans, Afrikaanse skryfster. 1949 – Theodore John Conrad, Amerikaanse bankteller wat in Julie 1969 kontant uit die kluis van 'n bank in Cleveland gesteel het en nooit gevang is nie († 2021). 1957 – Schalk Schoombie, Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer († 2023). 1961 – Uli Schmidt, oud-Springbokrugbyspeler. 1867 – Hennie le Roux, oud-Springbokrugbyspeler. 1969 – Jonas Kaufmann, Duitse operatenoor. 1974 – Brian Thompson, Amerikaanse sakeman en die hoof uitvoerende beampte van UnitedHealthcare († 2024). 1980 – Jessica Simpson, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1983 – Golshifteh Farahani, Irannese aktrise.
Sterftes 138 – Keiser Hadrianus (* 76). 983 – Pous Benedictus VII, die 135ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1086 – Knoet IV van Denemarke, koning van Denemarke (* 1043). 1584 – Willem van Oranje, Prins van Oranje en die hoofleier van die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Habsburgs (* 1533). 1884 – Paul Morphy, Amerikaanse skaakspeler (* 1837). 1910 – Johann Gottfried Galle, Duitse astronoom en die eerste persoon wat Neptunus gesien het (* 1812). 1939 – Jan Eloff, mynkommissaris van Johannesburg (* 1859). 1983 – G.D. Scholtz, Suid-Afrikaanse geskiedkundige, skrywer en koerantredakteur (* 1905). 1985 – Hilgard Muller, Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party, burgemeester van Pretoria, verkose lid van die parlement in 1958 en minister van buitelandse sake (* 1914). 2013 − Willem Cruywagen, kabinetsminister en administrateur van Transvaal (* 1921). 2015 – Omar Sharif, Egiptiese akteur (* 1932). 2019 – James Small, Springbokrugbyspeler (* 1969). 2020 – Corra Dirksen, Springbokrugbyspeler en geneesheer (* 1938).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Julie