Die Paralimpiese Winterspele 1980 (Noors: Paralympiske vinterleker 1980), destyds bekend as die 2de Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 1 en 7 Februarie 1980 in Geilo, Noorweë, aangebied. Tydens die geleentheid het 199 atlete uit 18 nasies aan 63 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.
Dit was die tweede Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Die Olimpiese Winterspele 1980 is tussen 13 en 24 Februarie in Lake Placid, Verenigde State, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1980 is in Arnhem, Nederland, aangebied.
Sporte 3 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. 20px Alpeski (22) 20px Heg-en-steg-ski (27) 20px Ysslee (14)
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Aantal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1980: duimnael|Openingseremonie van die Paralimpiese Winterspele 1980 Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (NOR) 37 23 21 10 54 2 (FIN) – 15 7 12 34 3 (AUT) – 6 10 6 22 4 (SWE) – 5 3 8 16 5 (SUI) – 4 2 3 9 6 (USA) – 4 1 1 6 7 (FRG) – 3 5 9 17 8 (CAN) 20 2 3 1 6 9 (FRA) – 1 1 1 3 10 (TCH) – 0 1 0 1 Totaal (18 NPKs) 299 63 54 51 168
Sien ook Paralimpiese Winterspele 1994 in Lillehammer
Verwysings
Eksterne skakels
Geilo 1980 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
Kategorie:Geskiedenis van Noorweë 1980 Kategorie:Sport in 1980 Kategorie:Sport in Noorweë