Die Paralimpiese Somerspele 1988 (Koreaans: hangoel: 서울 하계 패럴림픽; hanja: 서울 夏季 패럴림픽; Seoul Hagye Paeleollimpik) is tussen 16 en 25 Oktober 1988 in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Tydens die geleentheid het 3 044 atlete uit 60 nasies aan 733 items in 18 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Dit was die agste Paralimpiese Somerspele wat aangebied is en die eerste Spele wat amptelik as "Paralimpiese Spele" bekend gestaan het, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is. Dit was ook die eerste Paralimpiese Spele sedert die Spele van 1964 wat by dieselfde plek aangebied is as die Olimpiese Somerspele.

Dit was die laaste Spele waar Suid-Afrika weens sy Apartheidsbeleid nie kon deelneem nie.

Die Olimpiese Somerspele 1988 is tussen 17 September en 2 Oktober in Seoel gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1988 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.

Sporte 18 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes duimnael|Paul Croft as Australië se vlagdraer tydens die openingseremonie Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) – 91 90 88 269 2 (FRG) 188 76 66 51 193 3 (GBR) 231 65 65 54 184 4 (CAN) 157 55 42 55 152 5 (FRA) 116 46 44 50 140 6 (SWE) 103 42 38 23 103 7 (KOR) 227 40 35 19 94 8 (NED) 110 30 24 29 83 9 (AUS) 179 23 34 38 95 10 (POL) 47 23 25 33 81 11 (DEN) 48 23 19 22 64 12 (URS) – 21 20 15 56 13 (ESP) – 18 13 12 43 14 (JPN) 143 17 12 17 46 15 (CHN) 43 16 17 8 41 16 (ITA) 96 16 15 27 58 17 (BEL) 54 15 18 8 41 18 (ISR) – 15 14 16 45 19 (IRL) 53 13 11 18 42 20 (AUT) 43 13 7 15 35 21 (SUI) 41 12 12 11 35 22 (FIN) 62 11 23 16 50 23 (NOR) 34 11 11 15 37 24 (MEX) – 8 9 7 24 25 (KUW) 30 5 5 7 17 26 (BRA) 59 4 9 14 27 27 (YUG) 35 4 4 10 18 28 (IRI) 35 4 1 3 8 29 (POR) 13 3 5 6 14 30 (NZL) – 2 4 11 17 31 (ISL) 14 2 2 7 11 32 (BUL) 8 2 1 0 3 33 (JAM) 5 1 4 3 8 34 (EGY) 46 1 3 4 8 35 (FRO) 4 1 3 3 7 36 (PUR) 13 1 2 0 3 37 (BRN) 11 1 1 1 3 38 (GUA) 1 1 0 0 1 39 (ARG) 35 0 7 2 9 40 (HUN) 34 0 4 8 12 41 (KEN) 12 0 4 1 5 42 (HKG) 42 0 2 7 9 43 (INA) 19 0 2 0 2 44 (GRE) 4 0 1 3 4 45 (TCH) 1 0 1 0 1 (THA) 10 0 1 0 1 47 (TUN) 1 0 0 2 2 48 (MAS) 14 0 0 1 1 (MAR) 14 0 0 1 1 Totaal (49 NPKs) – 732 730 741 2203

Sien ook Paralimpiese Winterspele 2018 in Pyeongchang

Verwysings

Eksterne skakels

Seoul 1988 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.

Kategorie:Geskiedenis van Suid-Korea 1988 Kategorie:Seoel Kategorie:Sport in 1988 Kategorie:Sport in Suid-Korea