Die Paralimpiese Somerspele 1960 (Italiaans: I Giochi Paralimpici Estivi), destyds bekend as die 9de jaarlikse Internasionale Stoke Mandeville Spele, is tussen 18 en 25 September 1960 in Rome, Italië, aangebied. Tydens die geleentheid het 209 atlete uit 23 nasies aan 113 items in 8 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Dit was die eerste Paralimpiese Spele wat aangebied is en die eerste wat by dieselfde plek aangebied is as die Olimpiese Somerspele. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Sover bekend het Suid-Afrika nie aan die Spele deelgeneem nie, maar was wel op die volgende Paralimpiese Spele in 1964 verteenwoordig.

Die Olimpiese Somerspele 1960 is tussen 15 Augustus en 11 September in Rome gehou.

Sporte 8 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Aantal medaljes duimnael|Die Australiese span tydens die openingseremonie in 1960 Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (ITA) 65 29 28 23 80 2 (GBR) 31 20 15 20 55 3 (FRG) – 15 6 9 30 4 (AUT) – 11 8 11 30 5 (USA) 24 11 7 7 25 6 (NOR) – 9 3 4 16 7 (AUS) – 3 6 1 10 8 (NED) 5 3 6 0 9 9 (FRA) 6 3 3 1 7 10 (ARG) 5 2 3 1 6 11 (RHO) 2 2 1 2 5 12 (IRL) 5 2 0 0 2 13 (SUI) 2 1 3 0 4 14 (BEL) – 1 1 1 3 15 (FIN) 1 1 0 0 1 16 (ISR) – 0 2 2 4 (MLT) 4 0 2 2 4 Totaal (17 NPKs) – 113 94 84 291

Sien ook Paralimpiese Winterspele 2006 in Turyn Paralimpiese Winterspele 2026 in Milaan en Cortina d'Ampezzo

Verwysings

Eksterne skakels

Rome 1960 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.

Kategorie:Geskiedenis van Italië 1960 Kategorie:Sport in 1960 Kategorie:Sport in Rome