Die Sowetan is 'n dagblad wat in Suid-Afrika in Engels gepubliseer word. Sy teikenmark is die swart bevolking van hoofsaaklik die voormalige Transvaal. Die koerant is eers as 'n gratis weekblad in Soweto versprei, maar word 'n dagblad in 1981. Die Sowetan word deur Avusa Media Limited (voorheen Johnnic Publishing) besit.
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse dagblaaie
Eksterne skakels Die Sowetan se amptelike webwerf
Kategorie:Soweto Kategorie:Suid-Afrikaanse koerante