Baton Rouge 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land 20px Verenigde State Deelstaat 20px Louisiana Parogie (parish) East Baton Rouge Koördinate Geïnkorporeer 1817 Oppervlakte: - Totaal 1 608 vk km Hoogte bo seevlak 396 m Bevolking: - Totaal (2007) 227 071 - Bevolkingsdigtheid 1 144/vk km - Metropolitaanse gebied 790 000 Tydsone UTC -6 | Somertyd: UTC -5 Burgemeester Sharon Weston Broome (D) Amptelike Webwerf Baton Rouge
Baton Rouge is die hoofstad en tweede grootste nedersetting van die Amerikaanse deelstaat Louisiana.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die naam Baton Rouge kom van die Franse Bâton-Rouge, wat rooi stok beteken - 'n vertaling van die Indiaanse pleknaam Istrouma sowel as 'n verwysing na die tradisie van plaaslike Indiane om die grense van jaggronde met rooi pale te merk waarop dierkarkasse (volgens oorlewering visse en beerkoppe) vasgemaak is. In 1849 het Baton Rouge, wat in 1817 geïnkorporeer is, New Orleans as regeringsetel van Louisiana vervang. Tradisioneel dien Baton Rouge as kulturele middelpunt vir Louisiana se Cajun- en Kreole-gemeenskappe.
Baton Rouge, wat in die suidooste van die deelstaat geleë is, is die vyfde grootste stedelike nedersetting langs die Mississippi en setel van Louisiana se grootste parogie (administratiewe distrik). Danksy sy strategiese ligging het die nedersetting tot 'n belangrike rivierhawe en nywerheidstad ontwikkel. Dit is daarnaas een van die spilpunte van die nasionale logistiek- en energiebedryf.
Baton Rouge se bevolking word op 220 000 beraam. Dit beskik oor twee universiteite: die Louisiana State University en die Southern University. Baton Rouge se metropolitaanse lughawe verbind die deelstaathoofstad met die internasionale lughawens van Houston in Texas en die Suidstate-spil Atlanta in Georgia asook streekslughawens in Dallas-Fort Worth en Charlotte.
Verwysings
Eksterne skakels Wiki-webtuistes
Amptelike webtuiste
City of Baton Rouge Toerisme
Visit Baton Rouge
Kategorie:Hoofstede in die Verenigde State Kategorie:Nedersettings in Louisiana