FC Groenwit Wolfen is 'n sokkerklub uit Bitterfeld-Wolfen in die deelstaat Sakse-Anhalt in Duitsland. Die klub is in 1919 as Wolfener Ballspielclub gestig. Teen ongeveer 1945 is die klub herdoop na VfL Wolfen en later na IG Farben Sportverein. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind en eers op 15 Desember 1948 herstig as Betriebssportgemeinschaft Chemie Agfa Wolfen (die filmmaatskappy Afga het 'n groot fabriek in Wolfen gehad).
In 1957 het die klub weer sy naam verander deur die “Afga” uit te laat (die maatskappy se fabrieke in Oos-Duitsland is deur die kommunistiese regering genasionaliseer en na ORWO herdoop), nadat daar met BSG Aktivist Sandersdorf saamgesmelt is. Die klub was relatief suksesvol in die DDR – daar is 24 seisoene in die DDR-liga deurgebring (die Oos-Duitse tweede liga) en in 1956 is die kwarteindstryd van die FDGB-beker gehaal deur SC Lok Leipzig in die ronde van 16 te verslaan. Die klub is in die kwarteindstryd deur ASK Voorwaarts Berlyn uitgeskakel.
In 1990 is die klub herdoop as SG Chemie Wolfen en op 21 Januarie 1994 het die sokkerafdeling onafhanklik geraak as FC Groenwit Wolfen.
Onlangse ligaposisionering 1989-90 (III) Bezirksliga Halle 1ste 1990-91 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 7de 1991-92 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 9de 1992-93 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 10de 1993-94 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 13de 1994-95 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 7de 1995-96 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 4de 1996-97 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 3de 1997-98 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 6de 1998-99 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 7de1999-00 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 3de 2000-01 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 2de 2001-02 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 2de 2002-03 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 2003-04 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 11de 2004-05 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 7de 2005-06 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 2de 2006-07 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 2de 2007-08 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 1ste 2008-09 (V) Oberliga NOVF-Suid
Eksterne skakels • Amptelike klubwerf
Oberliga Noordoos-Suid 2008/09-seisoen VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | FC Erzgebirge Aue II | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | 1. FC Gera 03 | VfB Germania Halberstadt | FC Rooiwit Erfurt II | FC Carl Zeiss Jena II | 1. FC Lokomotive Leipzig | SSV Markranstädt | ZFC Meuselwitz | 1. FC Maagdenburg II | VfB Pößneck | FC Groenwit Wolfen | FSV Zwickau
Wolfen