Die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK; Engels: International Paralympic Committee; Frans: Comité international paralympique; Duits: Internationales Paralympisches Komitee) is 'n internasionale nie-regeringsorganisasie wat op 22 September 1989 gestig is om na die belange van gestremde atlete om te sien.

duimnael|links|Kantoor van die IPK in Bonn Die komitee se naam is afgelei van die Griekse woord "para" (wat "parallel" of "saam met" beteken), en het niks te doen met parapleë nie.

Die IPK organiseer die Paralimpiese Spele en ander sportgeleenthede. Die IPK en sy Nasionale Paralimpiese Komitees organiseer ook Paralimpiese kompetisies op nasionale vlak.

'n Raad van vyftien lede sien na die daaglikse belange van die organisasie om tussen nasionale komitee-vergaderings. Andrew Parsons is tans die komitee se voorsitter. Hy is ook 'n lid van die Internasionale Olimpiese Komitee.

Presidente President Land JareRobert Steadward1989–2001Philip Craven2001–2017Andrew Parsons 2017–hede

Sien ook Nasionale Paralimpiese Komitee Nasionale Olimpiese Komitee Internasionale Olimpiese Komitee

Eksterne skakels

Die IPK se amptelike webwerf

Kategorie:Paralimpiese Spele Kategorie:Internasionale sportbeheerliggaam