Potsdam is 'n dorp in die Oos-Kaapse munisipaliteit Buffalo City (wat onder meer KuGompo City en Qonce insluit). Die dorp, wat halfpad tussen KuGompo City en Qonce en naby die N2-snelweg geleë is, is na die Duitse garnisoenstad Potsdam (tans die hoofstad van die deelstaat Brandenburg) genoem.

Hoër onderwys Die hoofkampus van die Grens-technikon was geleë in Potsdam. In 2005 het dié technikon, die Technikon Oos-Kaap en die Universiteit van Transkei saamgesmelt om die Walter Sisulu-universiteit te vorm.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap