MS-DOS (Engels vir Microsoft Disk Operating System) was een van die eerste bedryfstelsels vir persoonlike rekenaars.
Geskiedenis Toe IBM sy IBM-PC ontwikkel het sou hulle aanvanklik hul eie bedryfstelsel geskryf het, terwyl die BASIC-interpreteerder deur Microsoft voorsien sou word. Toe hulle eie bedryfstelsel egter nie vlot nie, wend IBM hulself tot Microsoft en sluit 'n kontrak om die bedryfstelsel te ontwikkel. Bill Gates besluit om nie van nuuts af te begin nie, maar soek na 'n geskikte produk wat verder aangepas kan word.
Microsoft koop uiteindelik QDOS (SPC se Quick and Dirty Operating System wat van CP/M afgelei is), waarvoor Microsoft 'n bedrag van 50 000 dollar betaal. Microsoft pas die bedryfstelsel volgens IBM se spesifikasies aan, waarna die produk deur IBM as PC-DOS verkoop word.
In die kontrak met IBM staan egter dat Microsoft ook self die produk aan derde partye mag verkoop. Microsoft doen hierdie onder die naam MS-DOS. Toe PC-klone wat op die IBM-PC gebaseer is op die mark kom, word MS-DOS gou populêr en begin Bill Gates stadig maar seker om sy fortuin op te bou.
MS-DOS in Windows Windows 95, Windows 98 en Windows ME maak van MS-DOS gebruik om te begin (die BOOT-proses), waarna die grafiese laag beheer oorneem. MS-DOS is nie 'n multitaak bedryfstelsel nie, wat beteken dat slegs 'n enkele program op 'n slag kan loop. Deur die gebruik van virtuele verwerkers (in praktyk die V86-modus van die 80386-verwerker en hoër) is dit egter moontlik om verskillende MS-DOS-programme gelyktydig in hul eie virtuele rekenaars te loop. Hierdie metode is egter problematies omdat baie MS-DOS-programme die rekenaarhardeware direk wil aanspreek. 'n Gevorderde bedryfstelsel kan dit toelaat, maar stabiliteit word ingeboet.
Tensy 'n drywer 'n funksie virtualiseer, laat Windows 3.x en 9x direkte kommunikasie met die hardeware toe. Die Windows NT-bedryfstelsels laat dit egter glad nie toe nie.
Weergawes van MS-DOS DatumWeergaweVeranderinge Augustus 1981 1.0 Inbring van die autoexec.bat lêer Maart 1982 1.1 Kan die datum en tyd vanaf die bevellyn wysigOndersteun dubbelkant diskette Maart 1982 1.25 Eerste OEM-weergaweNuwe opdrag: VERIFY Maart 1982 2.0 Ondersteun hardeskyweKan lêers tegelyk oopmaakPrinterbuffer ingevoerBekendstelling van die ANSI-drywer Oktober 1983 2.1 Augustus 1984 3.0 Ondersteun netwerke Maart 1985 3.1 Desember 1985 3.2 April 1987 3.3 Ondersteun NLSFUNC en FASTOPENOndersteun hardeskywe groter as 32 megagrepe Junie 1988 4.0 DOSSHELL word bekendgestel Junie 1991 5.0 QBASIC, EDIT, UNDELETE, UNFORMAT en MIRROROptimale gebruik van geheue Augustus 1993 6.0 Doublespace en Defrag'n Antivirus program word ingesluit 1993 6.1 1993 6.2 1993 6.21 1994 6.22 DriveSpace i.p.v. DoubleSpaceScandisk bekendgestel 1995 7.0 Uitgegee saam met Windows 95Die rekenaar word opgebring met MS-DOS "verborge" in WindowsLang lêername vir Windows 95 (nie in MS-DOS-modus nie) 1997 7.1 Uitgegee met Windows 95 OSR2 en Windows 98Nuwe FAT32 lêersisteem 2000 8.0 Uitgegee met Windows MEGeen SYS-bevel meer nieKan nie rekenaar na bevellyn opbring nie
Laaste weergawe Die ontwikkeling van MS-DOS is lankal reeds gestaak. Die laaste alleenstaande weergawe was weergawe 6.22. Vanaf weergawe 7.0 is MS-DOS nie meer 'n losstaande bedryfstelsel nie, maar is regstreeks in Windows geïntegreer. MS-DOS is nog redelik sigbaar in Windows 95 en 98, maar in Windows ME is al die spore daarvan uitgewis.
Sien ook DOS (bedryfstelsel) Microsoft Lys van MS-DOS-bevele
Verwysings
Eksterne skakels
Geskiedenis van DOS DOSBox, 'n multiplatform DOS-emulator
Kategorie:Bedryfstelsels Kategorie:Microsoft
Official site project MS-DOS 6.22 FOR WINDOWS: http://xn----htbwkmd.xn--p1ai/