Die Paralimpiese Somerspele 1984 (Engels: 1984 Summer Paralympics), destyds bekend as die Internasionale Spele vir Gestremdes, vir atlete met breinverlamming, gesigsgestremde atlete, atlete met amputasies en les autres is tussen 17 en 30 Junie in New York Stad, Verenigde State, gehou, terwyl dié vir rolstoelatlete tussen 22 Julie en 1 Augustus in Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk, gehou is. Tydens die geleentheid in die VSA het 1 800 atlete uit 45 nasies aan sowat 300 items in 15 verskillende sportsoorte deelgeneem, terwyl tydens die geleentheid in die VK 1 100 atlete uit 41 nasies aan 603 items in 10 verskillende sportsoorte deelgeneem het.

Dit was die sewende Paralimpiese Somerspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Suid-Afrika het nie aan die Paralimpiese Spele deelgeneem nie.

Die Olimpiese Somerspele 1984 is tussen 28 Julie en 12 Augustus in Los Angeles gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1984 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.

Sportsoorte Deelnemers is opgedeel in vyf gestremdheidskategorieë: Atlete met amputasies, atlete met breinverlamming, gesigsgestremde atlete, rolstoelatlete en les autres (die ander). Die rolstoelkategorie was vir atlete wat 'n rolstoel moet gebruik weens 'n ruggraatbesering. Party van die atlete met amputasies het egter ook in die rolstoelafdeling meegeding. Hierdie Spele was die eerste een waar 'n maraton vir die rolstoelatlete aangebied is. Die sewentien sportsoorte waarin meegeding is asook wie daaraan kon meeding is hier onder gelys:

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Aantal medaljes Die onderstaande tabel is 'n gekombineerde medaljetabel van die kompetisies in Stoke Mandeville en New York: 1 (USA) – 136 131 129 397 2 (GBR) 227 107 112 112 331 3 (CAN) 166 87 82 69 238 4 (SWE) 97 83 43 34 160 5 (FRG) 142 79 76 75 230 6 (FRA) 115 71 69 45 185 7 (NED) 61 55 52 28 135 8 (AUS) 109 49 54 51 154 9 (POL) 34 46 39 21 106 10 (DEN) 36 30 13 16 59 11 (NOR) 64 29 31 30 90 12 (BEL) 35 22 22 14 58 13 (ESP) – 22 10 12 44 14 (IRL) 53 20 15 31 66 15 (FIN) 57 18 14 26 58 16 (SUI) 43 18 13 12 43 17 (AUT) 47 14 20 10 44 18 (HUN) 26 12 12 3 27 19 (ISR) – 11 21 12 44 20 (YUG) 30 11 9 11 31 21 (ITA) 61 9 19 14 42 22 (JPN) 37 9 7 8 24 23 (NZL) – 8 10 7 25 24 (BRA) 30 7 17 4 28 25 (MEX) – 6 14 17 37 26 (POR) 17 4 3 7 14 27 (HKG) 25 3 5 9 17 28 (CHN) 24 2 12 8 22 29 (TRI) 8 2 1 0 3 30 (LUX) 5 1 4 1 6 31 (KUW) 22 1 3 4 8 32 (BIR) 10 1 2 1 4 33 (EGY) 28 1 1 5 7 34 (KEN) 13 1 1 1 3 35 (GDR) 4 0 3 1 4 36 (YSL) 13 0 2 8 10 37 (IND) 5 0 2 2 4 (KOR) 18 0 2 2 4 39 (JOR) 9 0 1 2 3 (ZIM) – 0 1 2 3 41 (BAH) 2 0 1 1 2 (INA) 8 0 1 1 2 43 (BRN) 12 0 0 2 2 Totaal (43 NPKs) – 976 949 849 2774

Ander lande Lande wat deelgeneem het, maar nie medaljes gekry het nie is:

Sien ook Paralimpiese Somerspele 1996 in Atlanta Paralimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City Paralimpiese Somerspele 2012 in Londen Paralimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles

Verwysings

Eksterne skakels

Stoke Mandeville New York 1984 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.

Kategorie:New York (stad) Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Sportkompetisies in Engeland 1984 1984 Kategorie:Sport in 1984