Die Paralimpiese Somerspele 1980 (Nederlands: Paralympische Zomerspelen 1980), destyds bekend as die Olimpiese Spele vir Gestremdes, is tussen 22 Junie en 1 Julie 1980 in Arnhem, Nederland, aangebied. Tydens die geleentheid het 1 647 atlete uit 42 nasies aan 590 items in 13 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Dit was die sesde Paralimpiese Spele wat aangebied is en die bedoeling was dat die spele, net soos die Olimpiese Somerspele 1980, die jaar in Moskou (Sowjetunie) gehou sou word. Maar die Sowjetse regering het geweier om hierdie Spele te hou. Die International Stoke Mandeville Games Federation (ISMGF) het die Spele aan Nederland gegee. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Suid-Afrika kon nie aan die Spele deelneem nie omdat hulle weens die apartheidstelsel geskors is. Hulle kon eers 12 jaar later aan die Paralimpiese Somerspele van 1992 deelneem.

Sporte 13 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes duimnael|Die Australies span tydens die Paralimpiese Somerspele 1980 Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) – 75 66 54 195 2 (POL) 80 75 50 52 177 3 (FRG) 129 68 48 46 162 4 (CAN) – 64 35 31 130 5 (GBR) 96 47 32 21 100 6 (NED) 108 33 31 36 100 7 (SWE) 94 31 36 24 91 8 (FRA) 97 28 26 31 85 9 (MEX) – 20 16 6 42 10 (NOR) 53 15 13 8 36 11 (AUT) 48 14 23 8 45 12 (ISR) – 13 18 15 46 13 (BEL) 67 13 12 17 42 14 (AUS) – 12 21 22 55 15 (SUI) 65 9 10 10 29 16 (JPN) 30 9 10 7 26 17 (FIN) 60 8 19 13 40 18 (JAM) 13 7 7 5 19 19 (NZL) – 7 6 6 19 20 (ITA) – 6 5 9 20 21 (DEN) 42 6 4 7 17 22 (EGY) 33 4 7 3 14 23 (YUG) 31 4 5 9 18 24 (ARG) 11 4 5 6 15 25 (IRL) 24 4 2 11 17 26 (KOR) – 2 2 1 5 (KUW) 9 2 2 1 5 28 (INA) – 2 0 4 6 29 (ESP) – 1 13 9 23 30 (KEN) 17 1 2 0 3 31 (COL) 1 1 0 1 2 (ISL) 12 1 0 1 2 33 (SUD) 11 1 0 0 1 34 (ZIM) 5 0 8 4 12 35 (BAH) 6 0 1 2 3 (HKG) 11 0 1 2 3 37 (TCH) 7 0 1 1 2 38 (GRE) 7 0 0 1 1 (LUX) 9 0 0 1 1 (MLT) 7 0 0 1 1 Totaal (40 NPKs) – 587 537 486 1610

Verwysings

Eksterne skakels

Arnhem 1980 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.

Kategorie:Sportkompetisies in Nederland 1980 Kategorie:Sport in 1980