Die Paralimpiese Winterspele 1976 (Sweeds: Paralympiska vinterspelen 1976), destyds bekend as die 1ste Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 21 en 28 Februarie 1976 in Örnsköldsvik, Swede, aangebied. Tydens die geleentheid het 198 atlete uit 16 nasies aan 52 items in 2 verskillende sportsoorte deelgeneem.
Dit was die eerste Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Die Olimpiese Winterspele 1976 is tussen 4 en 15 Februarie in Innsbruck gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1976 is in Toronto, Kanada, aangebied.
Sporte 2 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. 20px Alpeski (28) 20px Heg-en-steg-ski (25)
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Aantal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1976 duimnael|400px|Aantal atlete volgens deelnemende nasies in 1976: Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (FRG) 32 10 12 6 28 2 (SUI) 15 10 1 1 12 3 (FIN) 26 8 7 7 22 4 (NOR) 23 7 3 2 12 5 (SWE) 16 6 7 7 20 6 (AUT) 24 5 16 14 35 7 (TCH) 5 3 0 0 3 8 (FRA) 21 2 0 3 5 9 (CAN) 6 2 0 2 4 Totaal (16 NPKs) 198 53 46 42 141
Verwysings
Eksterne skakels
Örnsköldsvik 1976 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
Kategorie:Geskiedenis van Swede 1976 Kategorie:Sport in 1976 Kategorie:Sport in Swede