Die Paralimpiese Somerspele 1992 (Spaans: Juegos Paralímpicos de Verano de 1992; Katalaans: Jocs Paralímpics d'estiu de 1992) is tussen 3 en 14 September in Barcelona gehou, terwyl die Paralimpiese Spele vir geestelik gestremdes tussen 15 en 22 September in Madrid gehou is. Tydens die geleentheid in Barcelona het 3 020 atlete uit 82 nasies aan sowat 487 items in 15 verskillende sportsoorte deelgeneem, terwyl tydens die geleentheid in Madrid 1 600 atlete uit 75 nasies aan 68 items in 5 verskillende sportsoorte deelgeneem het.
Dit was die negende Paralimpiese Somerspele wat aangebied is en die eerste sedert die stigting van die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989.
Suid-Afrika word toegelaat om aan die Spele deel te neem na 'n 12 jaar skorsing as gevolg van apartheid en behaal 'n 27ste plek met agt medaljes (vier goud, een silwer en drie brons). Die span breek ook drie wêreldrekords en een Paralimpiese rekord.
Die Olimpiese Somerspele 1992 is tussen 25 Julie en 9 Augustus in Barcelona gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1992 is in Albertville, Frankryk, aangebied.
Sporte 15 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Getal medaljes duimnael|Die Australiese span tydens die openingseremonie in 1992 Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) – 75 52 48 175 2 (GER) 238 61 51 59 171 3 (GBR) 209 40 47 41 128 4 (FRA) 145 36 36 34 106 5 (ESP) – 34 31 42 107 6 (CAN) 138 28 21 26 75 7 (AUS) 134 24 27 25 76 8 raam|23px Verenigde span (EUN) – 16 14 15 45 9 (NED) 99 14 14 11 39 10 (NOR) 38 13 13 7 33 11 (DEN) 43 12 22 12 46 12 (KOR) 66 11 15 18 44 13 (CHN) 24 11 7 7 25 14 (POL) 40 10 12 10 32 15 (ITA) 88 10 7 18 35 16 (JPN) 76 8 7 15 30 17 (FIN) 67 8 6 11 25 18 (SWE) 99 7 22 9 38 19 (EGY) 41 7 6 7 20 20 (SUI) 41 6 16 13 35 21 (BEL) 73 5 5 7 17 22 (AUT) 36 5 4 13 22 23 (NZL) – 5 1 0 6 24 (TCH) 29 4 3 6 13 25 (HUN) 43 4 3 4 11 26 raam|23px Onafhanklike atlete (IPP) 16 4 3 1 8 27 23px Suid-Afrika (RSA) 10 4 1 3 8 28 (HKG) 21 3 4 4 11 29 (CUB) 10 3 3 3 9 (POR) 30 3 3 3 9 31 (ISL) 12 3 2 12 17 32 (BRA) 41 3 0 4 7 33 (NGR) 6 3 0 0 3 34 (ISR) – 2 4 5 11 35 (SLO) 8 2 0 1 3 36 (KUW) 24 1 3 1 5 37 (IRI) 29 1 2 1 4 38 (BUL) 7 1 2 0 3 (PAN) 2 1 2 0 3 40 (ARG) 27 1 1 0 2 41 (KEN) 15 1 0 1 2 42 (LTU) 4 0 4 3 7 43 (IRL) 58 0 3 4 7 44 (EST) 6 0 2 1 3 (GRE) 7 0 2 1 3 46 (MEX) – 0 1 10 11 47 (JAM) 4 0 1 2 3 (MAS) 10 0 1 2 3 49 (FRO) 3 0 1 0 1 50 (BRN) 4 0 0 1 1 (IRQ) 18 0 0 1 1 (CRO) 6 0 0 1 1 Chinees Taipei (TPE) 11 0 0 1 1 (THA) 5 0 0 1 1 (VEN) 10 0 0 1 1 Totaal (55 NPKs) – 490 487 526 1503
Verwysings
Eksterne skakels
Barcelona 1992 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
Kategorie:Barcelona Kategorie:Madrid Kategorie:Sportkompetisies in Spanje 1992 Kategorie:Sport in 1992