Die Paralimpiese Winterspele 1984 (Duits: Paralympische Winterspiele 1984), destyds bekend as die 3de Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 14 en 20 Januarie 1984 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 419 atlete uit 21 nasies aan 107 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Dit was die derde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Die Olimpiese Winterspele 1984 is tussen 8 en 19 Februarie in Sarajevo, Joego-Slawië, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1984 vir atlete met breinverlamming, gesigsgestremde atlete, atlete met amputasies en les autres is tussen 17 en 30 Junie in New York Stad, Verenigde State, aangebied, terwyl dié vir rolstoelatlete tussen 22 Julie en 1 Augustus in Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk, aangebied is.

Sporte 3 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. 20px Alpeski (56) 20px Heg-en-steg-ski (35) 20px Ysslee (16)

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1984: Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (AUT) – 34 19 17 70 2 (FIN) – 19 9 6 34 3 (NOR) – 15 13 13 41 4 (FRG) – 10 14 10 34 5 (USA) 51 7 14 14 35 6 (SWE) – 7 2 5 14 7 (SUI) – 5 16 16 37 8 (FRA) – 4 2 0 6 9 (POL) – 3 2 8 13 10 (CAN) 22 2 8 4 14 11 (NZL) 8 1 3 1 5 12 (GBR) 22 0 4 6 10 13 (ITA) – 0 0 1 1 (YUG) 10 0 0 1 1 Totaal (21 NPKs) 419 107 106 102 315

Sien ook Paralimpiese Winterspele 1988 in Innsbruck

Verwysings

Eksterne skakels

Innsbruck 1984 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.

Kategorie:Geskiedenis van Oostenryk Kategorie:Innsbruck 1984 Kategorie:Sport in 1984 Kategorie:Sport in Oostenryk