Die Paralimpiese Winterspele 1988 (Duits: Paralympische Winterspiele 1988) is tussen 17 en 24 Januarie 1988 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 377 atlete uit 22 nasies aan 97 items in 4 verskillende sportsoorte deelgeneem.
Dit was die vierde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste Spele wat amptelik as "Paralimpiese Spele" bekend gestaan het, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is. Hierdie was die laaste keer dat die Paralimpiese Winterpele nie op dieselfde plek as die Olimpiese Winterspele gehou is nie.
Die Olimpiese Winterspele 1988 is tussen 13 en 28 Februarie in Calgary, Kanada, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1988 is in Seoel, Suid-Korea, aangebied.
Sporte 4 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. 20px Alpeski (44) 20px Heg-en-steg-ski (38) 20px Paratweekamp (3) 20px Ysslee (12)
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1988: Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (NOR) – 25 21 14 60 2 (AUT) – 20 10 14 44 3 (FRG) – 9 11 10 30 4 (FIN) – 9 8 8 25 5 (SUI) – 8 7 8 23 6 (USA) – 7 17 6 30 7 (FRA) – 5 5 3 13 8 (CAN) 20 5 3 5 13 9 (SWE) – 3 7 5 15 10 (ITA) – 3 0 6 9 11 (ESP) – 1 2 1 4 12 (POL) – 1 1 6 8 13 (NZL) – 0 1 0 1 14 (JPN) – 0 0 2 2 (URS) – 0 0 2 2 Totaal (22 NPKs) 377 96 93 90 279
Sien ook Paralimpiese Winterspele 1984 in Innsbruck
Verwysings
Eksterne skakels
Innsbruck 1988 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
Kategorie:Geskiedenis van Oostenryk Kategorie:Innsbruck 1988 Kategorie:Sport in 1988 Kategorie:Sport in Oostenryk