Die Paralimpiese Winterspele 2002 (Engels: 2002 Winter Paralympics) is tussen 7 en 16 Maart 2002 in Salt Lake City, Verenigde State, aangebied. Tydens die geleentheid het 415 atlete uit 36 nasies aan 92 items in 4 verskillende sportsoorte deelgeneem. Dit was die agste Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste in Noord-Amerika.

Ragnhild Myklebust van Noorweë het vyf goue medaljes in ski en tweekamp gewen, wat hom die mees suksesvolle Paralimpiese atleet tot nog toe gemaak het met 22 medaljes (17 goues). "Possibilité de médaille d’or : Vancouver 2010 annonce la recherche d’un concepteur pour les médailles olympiques et paralympiques", amptelike webblad van die 2010 Vancouver Spele, 13 Desember 2007 Die Spele is gehou in die Rice-Eccles-stadion en die amptelike gelukbringer was Otto die otter.

Die Olimpiese Winterspele 2002 is tussen 8 en 24 Februarie in Salt Lake City gehou.

Toewysing duimnael|links|upright|Mitt Romney, hoof van Salt Lake City se bod-komitee duimnael|400px|Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2002 As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2002 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2002. Salt Lake City is op 16 Junie 1995 in Boedapest deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2002. Ander kandidate was: Östersund, Sion en Quebecstad.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2002 Stad Land Rondte 1 Salt Lake City 54 Östersund 14 Sion 14 Quebecstad 7

Sporte Die Spele het bestaan uit vier dissiplines in drie Paralimpiese sportsoorte.

20px Alpeski (53) 20px Heg-en-steg-ski (32) 20px Paratweekamp (6) 20px Sleehokkie (1)

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname Suid-Afrika het aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.

Simbool en kenteken van die spele Die logo van die Paralimpiese Winterspele van 2002 in Salt Lake City bestaan uit drie duidelike merke. Die sfeer aan die bokant verteenwoordig die kop van die Paralimpiese atleet en simboliseer ook die wêreldwye eenheid van die Paralimpiese Beweging. Die twee breë "vloeistof"-lyne verteenwoordig die atleet in beweging. Die drie taegeuks (druppelvormige figure) onder die atleet maak die groen, rooi en blou merke van die Paralimpiese vlag na.

Die gelukbringer vir die Paralimpiese Winterspele van 2002 in Salt Lake City was Otto die otter. Antieke Indiaanse stamme het die otter as een van die magtigste diere beskou. Nadat die rivierotter amper uitgesterf het weens besoedeling en lokvalle is dit in Utah herbekendgestel en kan aan die oewers van die Greenrivier en naby die Brandende Ravyn (Flaming Gorge) Reservoir gesien word. Die Otter is gekies as die amptelike gelukbringer van die Salt Lake 2002 Paralimpiese Winterspele omdat dit lewenskrag en behendigheid verpersoonlik en omdat dit die gees van elke Paralimpiër verteenwoordig.

Aantal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 2002: duimnael|400px|Aantal atlete volgens deelnemende nasies in 2002: Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (GER) 26 17 1 15 33 2 (USA) 57 10 22 11 43 3 (NOR) 27 10 3 6 19 4 (AUT) 22 9 10 10 19 5 (RUS) 26 7 9 5 21 6 (CAN) 27 6 4 5 15 7 (SUI) 18 6 4 2 12 8 (AUS) 6 6 1 0 7 9 (FIN) 14 4 1 3 8 10 (NZL) – 4 0 2 6 11 (ITA) 14 3 3 3 9 12 (ESP) – 3 2 2 7 13 (FRA) 18 2 11 6 19 14 (CZE) 6 2 1 2 5 15 (NED) 4 1 3 0 4 16 (BLR) 4 1 1 0 2 17 (POL) 14 1 0 2 3 18 (UKR) 10 0 6 6 12 19 (SWE) 19 0 6 3 9 20 (SVK) 14 0 3 6 9 21 (KOR) 6 0 1 0 1 22 (JPN) 36 0 0 3 3 Totaal (22 NPKs) – 92 92 92 276

Sien ook Paralimpiese Somerspele 1984 in New York Stad en Stoke Mandeville (VK) Paralimpiese Somerspele 1996 in Atlanta Paralimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles

Verwysings

Eksterne skakels

Salt Lake City 2002 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.

Kategorie:Salt Lake City 2002 2002 Kategorie:Sport in 2002