At-Talâ’k (Arabies: الطلاق, "Ekskeiding") is die 65ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 12 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.

thumb|links|140px|'n Bladsy uit 'n Koran van 1874, met die hoofstuk "Egskeiding" in die middel. Opsomming "Egskeiding" is nie net die naam van die hoofstuk nie, maar ook die onderwerp waaroor die inhoud handel. Dit bevat gebooie oor egskeidingSayyid Maududi, Tafhim al-Qur'an, Lahore: Islamic Publications, Ltd. (1981) en bepaal dat die duur van rou (iddah) drie menstruasietydperke moet wees. Vir vroue voor of ná menstruasie is dit drie maande en in die geval van 'n swangerskap tot ná die geboorte van die kind.

Nadat egskeiding en 'n paar gevolglike familiesake bespreek is, raai die hoofstuk mense sterk aan om God se regulasies en leiding te volg, en herinner dit mense aan vroeëre ongehoorsames en ongelowiges wat gestraf is.Muhammad Farooq-i-Azam Malik (vertaler), Al-Qur'an, the Guidance for Mankind - English with Arabic Text

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran