At-Tahrîm (Arabies: المنافقون, "Die Verbod") is die 66ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 12 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die tema van die hoofstuk is om Moslems in te lig oor hoe om hulleself en hulle familie binne die perke te hou wat deur God voorgeskryf is. Verder word beklemtoon dat elke persoon bewus moet bly daarvan dat die een ding wat hom voor God sal help sy dade is. Daarsonder sal geen verbintenis met die beste persoonlikhede hulle tot voordeel strek nie.
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran