Al-Ha'k'ka (Arabies: الحاقة, "Die Volle Werklikheid") is die 69ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 52 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Die naam van die hoofstuk kom uit vers 1.

Opsomming Die hooftema van die soera is die oordeelsdag. Dit vertel van die lot van Thamoed, Aad, Farao, ander verwoeste stede en die vloed in Noag se tyd. Dit bespreek die beloning van die gelowiges en die straf van die ongelowiges. Ten laaste herinner dit die mense dat die boodskap nie dié van 'n digter of waarsêer is nie: "Dit is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde."Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran