Cyrtanthus falcatus is 'n blomdraende plant en geofiet wat hoort tot die familie Amaryllidaceae en is endemies aan KwaZulu-Natal. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 2 022 km² en kom op hoë hoogtes voor, tot op 'n maksimum hoogte van 1 800m. Die blare is leeragtig en sekelvormig, 250 mm lank en 30 mm breed. Die plant dra koraalrooi blomme van September tot November.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online Mountain Flowers, a Field Guide to the Flora of the Drakensberg and Lesotho, Elsa Pooley, The Flora Publications Trust, 2013, bl 28

falcatus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika