Cyrtanthus ochroleucus is 'n blomdraende plant en geofiet wat hoort tot die familie Amaryllidaceae. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Garciapas in die Langeberg tot by die Corenterivier naby Stilbaai voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Daar is ses subpopulasies oor wat uit minder as 1 000 plante bestaan. Die spesie het reeds 10% van sy habitat afgestaan aan bosbou aktiwiteite en ongeveer 4% aan landbou aktiwiteite. Die oorblywende populasie word bedreig deur indringerplante.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
ochroleucus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika