Nûh (Arabies: نوح, "Noag") is die 71ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 28 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Die hoofstuk gaan oor Noag en die verwerping van sy boodskap.

Opsomming Noag was 'n boodskapper van God en toe hy besef die gemeenskap aanvaar nie sy boodskap nie, het hy by God gekla. God het toe die vloed beplan en Noag aangesê om die volk te waarsku, maar dit het op dowe ore geval.

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran