Die Woordenboek der Nederlandsche Taal (WNT) is 'n woordeboek van die Nederlandse taal.Tuisblad van die Nederlandse Woordeboek. https://ivdnt.org/ Dit bevat tussen 350 000 en 400 000 inskrywings van Nederlandse woorde van 1500 tot 1976. Die papieruitgawe bestaan uit 43 volumes (insluitend drie bylaes) op 49 255 bladsye.WNT (archive.org)https://web.archive.org/web/20170810051207/http://ivdnt.org/onderzoek-a-onderwijs/lexicologie-a-lexicografie/wnt Daar word geglo dat dit die grootste woordeboek ter wêreld is, in aantal bladsye gemeet. Die woordeboek was byna 150 jaar in wording vanaf 1849; die eerste bundel is in 1864 gepubliseer, en die finale bundel is in 1998 aan Albert II van België en Beatrix van Nederland aangebied.
Verwysings
Eksterne skakels Woordenboek der Nederlandsche Taal op die INL webwerf
Kategorie:Nederlands