Die Olimpiese Somerspele 2000 (Engels: 2000 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIIste Olimpiade, is tussen 15 September en 1 Oktober 2000 in Sydney, Australië, aangebied. Sydney is in 1993 verkies bo Beijing, Berlyn, Istanboel en Manchester.

duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Sydney Dit was naas die Olimpiese Somerspele van 1956 in Melbourne die tweede wat in Australië asook in die Suidelike Halfrond gehou is. Tydens die Spele maak die Australiese sangeres Nikki Webster haar deurbraak deur by die openingseremonie te sing. Die geleentheid word afgesluit met 'n optrede van Savage Garden. Hierdie Olimpiese Somerspele word algemeen as 'n groot sukses beskou.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Sydney plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Hezekiél Sepeng, hardloper en silwermedaljewenner tydens die Olimpiese Somerspele 1996, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.

Die Paralimpiese Somerspele 2000 is tussen 18 en 29 Oktober in Sydney gehou.

Toewysing duimnael|links|upright|Michael Knight, president van die Australiese reëlingskomitee duimnael|400px|Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2000 Sydney is op 23 September 1993 in Monte Carlo deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2000. Ander kandidate was: Beijing, Manchester, Berlyn en Istanboel.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2000 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4 Sydney 30 30 37 45 Beijing 32 37 40 43 Manchester 11 13 11 — Berlyn 9 9 — — Istanboel 7 — — —

Sporte 28 Olimpiese sportsoorte in 300 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 300 goue medaljes oorhandig.

Stadions 30 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2000 gebruik:

Olimpiese Park Sydney duimnael|Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2000 duimnael|Die Olimpiese Stadion Sydney tydens die Olimpiese Somerspele 2000 duimnael|Die Internasionale Akwatiese Sentrum Sydney het die swemwedstryde gehuisves duimnael|In die State Hockey Centre is veldhokkiewedstryde beslis duimnael|In die Dunc Gray Velodrome is baanfietsry aangebied duimnael|Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2000 StadionSporteKapasiteit NSW Tennis Centre Tennis 10 000 Olimpiese Stadion Sydney seremonies (opening/sluiting), Atletiek, Sokker (eindstryd) 110 000 State Hockey Centre Veldhokkie 15 000 State Sports Centre Tafeltennis, Taekwondo 5 006 Sydney Bofbalstadion Bofbal (eindstryd), Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) 21 500 Sydney Internasionale Boogskietpark Boogskiet 17 500 Sydney Internasionale Akwatiese Sentrum Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo (mans se eindstryd) 10 000 Sydney Super Dome Basketbal (eindstryd), Gimnastiek (artistieke/trampolien) 18 200 The Dome and Exhibition Complex Pluimbal, Basketbal, Gimnastiek (ritmies), Handbal, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport), Vlugbal (binnenshuis) 10 000

Binne Sydney {| class="wikitable sortable" style="width:780px;" !width=40%|Stadion ! class="unsortable" style="width:45%;"|Sporte !width=10%|Kapasiteit |- | Blacktown Olimpiese Park || Bofbal, Sagtebal || 3 000 (bofbal),2 000 (sagtebal) |- | Bondi Beach || Vlugbal (strand) || 10 000 |- | Centennial Parklands || Fietsry (pad) || Nie gelys nie |- | Dunc Gray Velodrome || Fietsry (baan) || 3 150 |- | Strate van Sydney || Atletiek (maraton) || Nie gelys nie |- | Noord-Sydney || Atletiek (maraton begin) || Nie gelys nie |- | Olimpiese Seiljagwedvaart Shore Base || Seilvaart || 10 000 |- | Penrith Whitewater-stadion || Kanovaart (slalom) || 12 500 |- | Ryde Aquatic Leisure Centre || Waterpolo (vroue se eindstryd) || 3 900 |- | Sydney Convention and Exhibition Centre || Boks, Skermsport, Judo, Gewigoptel, Stoei || 7 500 (gewigoptel),9 000 (judo & stoei),10 000 (boks & skermsport) |- | Sydney Entertainment Centre || Vlugbal (binnenshuise eindstryd) || 11 000 |- | Sydney Sokkerstadion || Sokker (vroue se eindstryd) || 42 500 |- | Sydney Internasionale Ruitersentrum || Ruitersport || 50 000 |- | Sydney Internasionale Regatta Centre || Kanovaart (sprint), Roei || 20 000 |- | Sydney Internasionale Skietbaan || Skyfskiet || 7 000 |- | Sydney-opera || Driekamp || Nie gelys nie|- | Western Sydney Parklands || Fietsry (bergfietsry) || 20 000

Buite Sydney StadionLiggingSporteKapasiteit Brisbane-krieketveld Brisbane Sokker 37 000 Canberrastadion Canberra Sokker 25 011 Hindmarsh-stadion Adelaide Sokker 20 000 Melbourne-krieketveld Melbourne Sokker 98 000

Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie

DatumSeptemberOktober13Wo14Do15Vr16Sa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Sa24So25Ma26Di27Wo28Do29Vr30Sa1So 20px Atletiek226976581 20px Basketbal●●●●●●●●●●●●●●11 20px Bofbal●●●●●●●●1 20px Boks●●●●●●●●●●●●●66 20px Boogskiet●●●1111 20px Driekamp11 20px Fietsry22113311112 20px Gesinchroniseerde swem●●1●1 20px Gewigoptel1222221111 20px Gimnastiek●●11111155●●11 20px Handbal●●●●●●●●●●●●●11 20px Judo2222222 20px Kanovaart●2●2●●●●66 20px Moderne vyfkamp11 20px Pluimbal●●●●●212 20px Roei●●●●●●77 20px Ruitersport●●1●●1●11●11 20px Sagtebal●●●●●●●●1 20px Seilvaart●●●●●●●31●223 20px Sierduik●21●1●3●1 20px Skermsport11111212 20px Skyfskiet22222322 20px Sokker●●●●●●●●●1●1 20px Stoei●●44●●44 20px Swem44444444 20px Taekwondo2222 20px Tafeltennis●●●●●●1111 20px Tennis●●●●●●●●22 20px Veldhokkie●●●●●●●●●●●●●11 20px Vlugbal●●●●●●●●●11●●●11 20px Waterpolo●●●●●●1●●●●●●1 Totaal 0 0 0 13 14 15 15 18 18 18 26 25 18 11 17 17 11 40 24 Seremonies OS SSDatum13Wo14Do15Vr16Sa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Sa24So25Ma26Di27Wo28Do29Vr30Sa1SoSeptemberOktober

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

duimnael|upright|Suid-Afrika se Penny Heyns in 2015 Suid-Afrika wen twee silwer en drie brons medaljes: Hestrie Cloete wen 'n silwer medalje met hoogspring. Terence Parkin wen silwer met die hoogspring vir dames. Penny Heyns wen 'n brons medalje in die 100 m borsslag. Llewellyn Herbert web brons in die 400 meter hekkies vir mans. Frantz Kruger wen brons in diskusgooi vir mans.

Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 2000: Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 586 37 24 32 93 2 (RUS) 435 32 28 29 89 3 (CHN) 271 28 16 14 58 4 (AUS) 632 16 25 17 58 5 (GER) 422 13 17 26 56 6 (FRA) 336 13 14 11 38 7 (ITA) 361 13 8 13 34 8 (NED) 243 12 9 4 25 9 (CUB) 229 11 11 7 29 10 (GBR) 332 11 10 7 28 55 (RSA) 127 0 2 3 5

Sien ook Olimpiese Somerspele 1956 in Melbourne Olimpiese Somerspele 2032 in Brisbane

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Sydney 2000 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org''. Internasionale Olimpiese Komitee. Olympics 1984 to 2000

Kategorie:Geskiedenis van Australië 2000 2000 Kategorie:Sport in 2000 Kategorie:Sport in Sydney