Die Olimpiese Somerspele 1996 (Engels: 1996 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 4 Augustus 1996 in Atlanta, Verenigde State, aangebied. Hierdie spele staan ook bekend as die Centennial Games vanweë die feit dat dit presies een eeu na die eerste moderne Spele in Griekeland plaasgevind het.

duimnael|links|Die Olimpiese Stadion Atlanta tydens die Olimpiese Somerspele 1996 Atlanta is op 18 September 1990 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gekies met 51 teen 35 stemme in die laaste ronde. Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele aan Atlanta toe te wys was verrassend. Die redenasie was dat Athene nie genoeg tyd sou hê om die infrastruktuur vir die Spele in plek te kry nie. Later word beweer dat enkele IOK-lede omgekoop was, maar dit kon nooit bewys word nie. Tydens en na die Spele word egter vasgestel dat die organiserende komitee van Atlanta nie die volle waarheid oor die vervoernetwerk, die hitte en die vogtigheid in Augustus, en oor die hoë misdaadsyfer van die stad vertel het nie.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Atlanta plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer die Verenigde State die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Masibulele Makepula, bokser en goudmedaljewenner tydens die Afrikaspele van 1995, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.

Oor die algemeen word die Spele as minder suksesvol gesien. Die vervoer tussen die verskillende Olimpiese items het soms vir ure in verkeersknope vasgesit. Die Spele was ook deur vele as "te kommersieel" bestempel, maar finansieel was dit wel 'n sukses. Dit is onder meer te danke aan die hoofborgskap van Coca-Cola, wie se hoofkantoor in Atlanta is.

Die Paralimpiese Somerspele 1996 is tussen 16 en 25 Augustus in Atlanta gehou.

Toewysing duimnael|links|upright|William Porter Payne, president van die Amerikaanse reëlingskomitee duimnael|400px|Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 1996 Atlanta is op 18 September 1990 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1996. Ander kandidate was: Athene, Toronto, Melbourne, Manchester en Belgrado.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1996 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 5 Atlanta 19 20 26 34 51Athene 23 23 26 30 35 Toronto 14 17 18 22 — Melbourne 12 21 16 — — Manchester 11 5 — — — Belgrado 7 — — — —

Sporte 26 Olimpiese sportsoorte in 271 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 271 goue medaljes oorhandig.

Stadions 28 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1996 gebruik:

Olimpiese kring duimnael|Atlanta se stadshorison met die sportgeriewe op die voorgrond duimnael|Die Olimpiese vlag tydens die Olimpiese Somerspele 1996 duimnael|Die 100 m-hekkies tydens die Olimpiese Somerspele 1996 duimnael|Die Georgia Tech Watersportsentrum tydens die Olimpiese Somerspele 1996 duimnael|In die Georgia Dome is basketbal, gimnastiek en handbal aangebied duimnael|In die Alexander Memorial Coliseum is bokswedstryde beslis StadionSporteKapasiteit Alexander Memorial Coliseum Boks 10 000 Atlanta–Fulton County stadion Bofbal 54 000 Clark Atlanta Universiteitstadion Veldhokkie 5 000 Fietsrypadbaan Fietsry (pad) 800 Georgia Dome Basketbal (eindstryd), Gimnastiek (artistiek), Handbal (mans se eindstryd) 34 500 (aan elke kant) Georgia State Universiteitsgimnasium Pluimbal 3 500 Georgia Tech Watersportsentrum Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo 15 000 Georgia Wêreldkongressentrum Skermsport, Handbal, Judo, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport), Tafeltennis, Gewigoptel, Stoei 3 900 (skermsport)7 300 (handbal)7 300 (judo)4 700 (tafeltennis)5 000 (gewigoptel)7 300 (stoei) Strate van Atlanta Atletiek (maraton) 800 Morehouse Kollege Gimnasium Basketbal 6 500 Morris Brown Kollegestadion Veldhokkie (eindstryd) 15 000 Olimpiese Stadion Atlanta Atletiek, seremonies (opening/sluiting) 85 600 Omni Coliseum Vlugbal (binnenshuise finale) 16 500 Loopkursus Atletiek (loop) 800

Metro Atlanta StadionSporteKapasiteit Atlanta Beach Vlugbal (strand) 12 600 Georgia International Horse Park Fietsry (bergfiets), Ruitersport, Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) 32 000 Laniermeer Kanovaart (sprint), Roei 17 300 Stone Mountain Park Archery Center and Velodrome Boogskiet, Fietsry (baan) 5 200 (boogskiet)6 000 (fietsry) Stone Mountain Tennis Center Tennis 27 500 Wolf Creek Skietbaan Skyfskiet 7 500

Ander sportplekke StadionLiggingSporteKapasiteit Florida Citrus Bowl Orlando, Florida Sokker 65 000 Golden Park Columbus, Georgia Sagtebal 8 800 Legion Field Birmingham, Alabama Sokker 81 700 Ocoee Whitewater Center Ducktown, Tennessee Kanovaart (slalom) 14 400 Orange Bowl Miami, Florida Sokker 74 476 Robert F. Kennedy Memorial Stadium Washington, D.C. Sokker 56 500 Sanfordstadion Athens, Georgia Sokker (eindstryd) 86 100 Stegeman Coliseum Athens, Georgia Gimnastiek (ritmies), Vlugbal (binnenshuise) 10 000 Wassaw Sound Savannah, Georgia Seilvaart 1 000

Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie

DatumJulieAugustus19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28So29Ma30Di31Wo1Do2Vr3Sa4So 20px Atletiek2458●54691 20px Basketbal●●●●●●●●●●●●●1●1 20px Bofbal●●●●●●●●●●●1 20px Boks●●●●●●●●●●●●●75 20px Boogskiet●●●112 20px Fietsry11●124212 20px Gesinchroniseerde swem●1 20px Gewigoptel1111111111 20px Gimnastiek●●111137●1●1 20px Handbal●●●●●●●●●●11 20px Judo2222222 20px Kanovaart22●●●●●57 20px Moderne vyfkamp1 20px Pluimbal●●●●●●●23 20px Roei●●●●●●77 20px Ruitersport●●21●●●111 20px Sagtebal●●●●●●●●●1 20px Seilvaart●●●●●●●41221 20px Sierduik●1●1●1●1 20px Skermsport122121 20px Skyfskiet22123131 20px Sokker●●●●●●●●●●1●1 20px Stoei●6●4●3232 20px Swem4563554 20px Tafeltennis●●●●●●1111 20px Tennis●●●●●●●●●●22 20px Veldhokkie●●●●●●●●●●●11 20px Vlugbal●●●●●●●11●●●●●11 20px Waterpolo●●●●●●●1 Totaal 0 16 13 17 10 15 10 15 20 24 22 10 16 17 19 29 18 Seremonies OS SSDatum19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28So29Ma30Di31Wo1Do2Vr3Sa4SoJulieAugustus

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

duimnael|upright|Suid-Afrika se Penny Heyns in 2015 Suid-Afrika wen drie goue medaljes, asook een silwer en een brons. Penny Heyns wen twee goue medaljes in die 100 m en 200 m-borsslagitems. Josia Thugwane wen die goue medalje in die maraton vir mans. Hezekiél Sepeng wen silwer in die 800 meter-naelloop vir mans. Marianne Kriel wen brons in die 100 meter-rugslag vir vroue.

Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1996:

Gasheerstad Atlanta Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 646 44 32 25 101 2 (RUS) 390 26 21 16 63 3 (GER) 465 20 18 27 65 4 (CHN) 294 16 22 12 50 5 (FRA) 299 15 7 15 37 6 (ITA) 346 13 10 12 35 7 (AUS) 424 9 9 23 41 8 (CUB) 164 9 8 8 25 9 (UKR) 231 9 2 12 23 10 (KOR) 300 7 15 5 27 27 (RSA) 84 3 1 1 5

Sien ook Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis Olimpiese Winterspele 1932 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1932 in Los Angeles Olimpiese Winterspele 1960 in Squaw Valley Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1984 in Los Angeles Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles

Verwysings

Bronne Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1996 – Band 1 Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1996 – Band 2 Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1996 – Band 3

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Atlanta 1996 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Olympics 1984 to 2000

Kategorie:Atlanta 1996 1996 Kategorie:Sport in 1996