Die Olimpiese Somerspele 1980 (Russies: И́гры XXII Олимпиа́ды, tr. Igry XXII Olimpiady), amptelik bekend as die Spele van die XXIIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1980 in Moskou, Sowjetunie, aangebied. Die enigste ander kandidaatstad vir die Spele was Los Angeles.

duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Moskou Die beslissing om die Spele aan Moskou toe te ken is deur die Internasionale Olimpiese Komitee in Oktober 1974 gemaak. Om die universaliteit van die Olimpiese Somerspele te onderstreep wou hulle dit aan 'n sosialistiese land toeken. Moskou, wat toe al oor heelwat sportinfrastruktuur beskik het, het perfek in die prentjie gepas.

As gevolg van 'n Amerikaans-geleide boikot op inisiatief van president Jimmy Carter weens die Sowjetse inval in Afghanistan neem slegs 80 lande deel, die laagste getal lande sedert die Spele van 1956. Hierdie boikot is deur die Oosblok in 1984 beantwoord toe die meeste sosialistiese lande nie aan die Spele van 1984 in Los Angeles deelgeneem het nie.

Die Olimpiese Winterspele 1980 is in Lake Placid, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1980 is tussen 21 en 30 Junie in Arnhem en Veenendaal, Nederland, gehou.

Toewysing duimnael|links|upright|Konstantin Tsjernenko, president van die Sowjetse reëlingskomitee duimnael|upright|Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1980 in Moskou Moskou is op 23 Oktober 1974 in Wene deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1980. Die enigste ander kandidaat was Los Angeles. Los Angeles sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1984 word.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1980 Stad Land Rondte 1 Moskou 39 Los Angeles 20

Sporte 21 Olimpiese sportsoorte in 203 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 204 goue medaljes oorhandig.

Stadions 28 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1980 gebruik:

Sentrale Leninstadion-gebied duimnael|Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1980 duimnael|Die Olimpiese Dorp in Moskou duimnael|In die Krylatskoje Sportkompleks Kano- en Roeibekken is kanovaart en roeiwedstryde aangebied duimnael|In die Krylatsky Olimpiese Velodrome is die baanfietswedrenne beslis duimnael|Atletiek en die maraton is in die strate van Moskou gehou duimnael|Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1980 StadionSporteKapasiteit Druzhba Veeldoelige Arena Vlugbal 3 900 Luzhnikistadion Atletiek, Ruitersport (individuele spring), Sokker (eindstryd), seremonies (opening/sluiting) 91 251 Minor Arena Vlugbal (eindstryd) 8 512 Olimpiese swembad Waterpolo 10 500 Sportpaleis Gimnastiek, Judo 13 766 Strate van Moskou Atletiek (20 km/50 km-loop, maraton) Nie gelys nie

Olimpiese Sportkompleks StadionSporteKapasiteit Olimpiese Stadion Moskou Basketbal (eindstryd), Boks 33 970 Olimpiese swembad Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo (eindstryd) 13 000

CSKA Gebied StadionSporteKapasiteit CSKA Sportkompleks Skermsport, Stoei, Moderne vyfkamp (skermsport) 8 500 CSKA Sportpaleis Basketbal 5 500

Dinamostadion StadionSporteKapasiteit Dinamostadion Sokker 50 475 Dinamo Sentrale Stadion Veldhokkie 8 000 Dinamo Sportpaleis Handbal 5 000

Krylatskoje Park StadionSporteKapasiteit Krylatskoje Sportkompleks Boogskietveld Boogskiet 3 000 Krylatskoje Sportkompleks Kano- en Roeibekken Kanovaart, Roei 21 600 Krylatskoje Sportkompleks Fietsrybaan Fietsry (individuele padwedren) 4 000 Krylatskoje Sportkompleks Velodrome Fietsry (baan) 6 000

Ander sportplekke in Moskou StadionSporteKapasiteit Vakbonde se perdekompleks Ruitersport (alle gebeure behalwe vir die individuele spring), Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) 12 000 (spring)3 000 (dressuur)2 000 (binnenshuise arena)400 (uithouvermoë) Jong Pioniersstadion Veldhokkie (eindstryd) 5 000 Dinamo Skietbaan Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet 2 330 Izmailowo Sportpaleis Gewigoptel 5 000 Sokolniki Sportpaleis Handbal (eindstryd) 6 800

Sokkerstadions StadionSporteKapasiteit Dinama-stadion (Minsk) Sokker 50 125 Kirofstadion (Leningrad) Sokker 74 000 Republikeinse stadion (Kiëf) Sokker 100 169

Buite Moskou StadionSporteKapasiteit Moskou-Minsk grootpad Fietsry (padspan tydtoets) 1 800 Olimpiese Regatta in Tallinn Seilvaart Nie gelys nie

Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie

DatumJulieAugustus19Sa20So21Ma22Di23Wo24Do25Vr26Sa27So28Ma29Di30Wo31Do1Vr2Sa3So 20px Atletiek335455310 20px Basketbal●●●●●●●●●●2 20px Boks●●●●●●●●●●●●11 20px Boogskiet●●●2 20px Fietsry11●1●21 20px Gewigoptel1111111111 20px Gimnastiek●●11210 20px Handbal●●●●●●●●●●2 20px Judo11111111 20px Kanovaart●●65 20px Moderne vyfkamp●●●●2 20px Roei●●●●●68 20px Ruitersport●●21111 20px Seilvaart●●●●●●6 20px Sierduik●1●1●1●1 20px Skermsport●1111111●1 20px Skyfskiet1111111 20px Sokker●●●●●●●●●1 20px Stoei●●334●●334' 20px Swem2434445 20px Veldhokkie●●●●●●●●1●1 20px Vlugbal●●●●●●●●●1●1 20px Waterpolo●●●●●●●1 Totaal 0 5 7 10 12 19 15 22 22 10 16 14 11 19 20 1 Seremonies OS SSDatum19Sa20So21Ma22Di23Wo24Do25Vr26Sa27So28Ma29Di30Wo31Do1Vr2Sa3SoJulieAugustus

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1980:

Gasheerstad Moskou duimnael|400px|Kaart van die Olimpiese boikotte van 1976, 1980 en 1984 Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (URS) 506 80 69 46 195 2 (GDR) 362 47 37 42 126 3 (BUL) 295 8 16 17 41 4 (CUB) 216 8 7 5 20 5 23px|raam Italië (ITA) 163 8 3 4 15 6 (HUN) 279 7 10 15 32 7 (ROU) 243 6 6 13 25 8 23px|raam Frankryk (FRA) 125 6 5 3 14 9 23px|raam Verenigde Koninkryk (GBR) 231 5 7 9 21 10 (POL) 320 3 14 15 32

Sien ook Olimpiese Winterspele 2014 in Sotsji

Verwysings

Bronne Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1980 – Band 1 Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1980 – Band 2, deel 1 Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1980 – Band 2, deel 2

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Moscow 1980 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Olympics 1964 to 1980

Kategorie:Moskou 1980 1980 Kategorie:Geskiedenis van die Sowjetunie Kategorie:Sport in 1980