Die Olimpiese Somerspele 1904 (Engels: 1904 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die IIIde Olimpiade, is in 1904 in St. Louis, Missouri, Verenigde State, as deel van die Wêreldtentoonstelling gehou. Die Wêreldtentoonstelling is ter geleentheid van die Louisiana Purchase se 100-jarige jubileum een jaar later in St. Louis gehou. Die spele is oorspronklik aan Chicago toegeken, maar die Internasionale Olimpiese Komitee het later met 14 stemme teen 2 besluit om die Spele na St. Louis te skuif.

duimnael|links|Die Francis Field in St. Louis tydens die Olimpiese Somerspele 1904 Dit was die eerste keer dat spele buite Europa gehou is, dit was ook die eerste spele wat in 'n Engelstalige land gehou is. Atlete van buite die Verenigde State het aan slegs 42 items meegeding. Tydens die spele is vir die eerste keer goue medaljes uitgereik.

Sporte 16 Olimpiese sportsoorte in 95 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 96 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

20px Basketbal, Hurling, 20px Amerikaanse voetbal en 20px Bofbal is as demonstrasiesporte aangebied. 20px Waterpolo word in die speleverslae van die Olimpiese Somerspele 1904 genoem, maar is tans nie in die IOK se medaljedatabank ingesluit nie en word terugwerkend ook deur die IOK as 'n demonstrasiesport beskou.

Stadions duimnael|'n Toutrekwedstryd tydens die Olimpiese Somerspele 1904 Vyf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1904 gebruik: StadionSporteKapasiteit Creve Coeur Lake Roei Nie gelys nie Francis Field Boogskiet, Atletiek, Fietsry, Sokker, Gimnastiek, Lacrosse, Roque, Tennis, Toutrek, Gewigoptel en Stoei 19 000 Francis Gymnasium Boks, Skermsport Nie gelys nie Forest Park Sierduik, Swem, Waterpolo Nie gelys nie Glen Echo Country Club Gholf Nie gelys nie

Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1904:

Gasheerstad St. Louis Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Daarbenewens vermeld sommige bronne deelnemende atlete van die volgende nasies: (1) (2) (1)

Suid-Afrikaanse deelname

duimnael|upright|Die Suid-Afrikaners Jan Mashiani en Len Taunyane tydens die Olimpiese Somerspele 1904 Die Spele was die eerste waar die latere Suid-Afrika verteenwoordig is, hoewel die Unie van Suid-Afrika eers op 31 Mei 1910 gestig is. Die Suid-Afrikaanse span het aan die maraton en toutrek-items deelgeneem, maar het geen medaljes verower nie. Aan die toutrek-wedstryde het vyf Boere deelgeneem, wat tydens die Wêreldtentoonstelling in St. Louis gewerk het. By die marathon het Bertie Harris van die Boere, benewens Len Taunyane en Jan Mashiani van die Tswanas deelgeneem. Hulle het ook aan die heruitvoering van die Tweede Vryheidsoorlog tydens die Wêreldtentoonstelling deelgeneem. Tydens die apartheidsjare is die deelname van albei swart atlete meestal verswyg en net die blanke atleet is genoem.

Getal medaljes duimnael|upright|Archie Hahn, Olimpiese kampioen in die 60, 100 en 200 meter naelloop. Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 543 79 82 76 237 2 (GER) 17 4 5 7 16 3 (CUB) 3 4 2 3 9 4 (CAN) 54 4 1 1 6 5 (HUN) 4 2 1 1 4 6 (GBR) 3 1 1 0 2 (ZZX) 8 1 1 0 2 8 (GRE) 15 1 0 1 2 (SUI) 1 1 0 1 2 10 (AUT) 1 0 0 1 1 Totaal (10 NOKs) 651 96 92 92 280

Sien ook Olimpiese Winterspele 1932 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1932 in Los Angeles Olimpiese Winterspele 1960 in Squaw Valley Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1984 in Los Angeles Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

St Louis 1904 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1904 Olympics 1900 to 1920

Kategorie:St. Louis 1904 1904 Kategorie:Sport in 1904