Die Olimpiese Somerspele 1906 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 1906, Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 1906), het vanaf 22 April tot en met 2 Mei 1906 in Athene, Griekeland, plaasgevind. Die spele staan ook bekend as die "tussenspele van 1906" aangesien hierdie spele plaasgevind het tussen die normale vierjarige periodes van die Olimpiade. Dit is destyds as die "Tweede Internasionale Olimpiese Spele in Athene" aangebied. Die Spele word tans nie deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) erken nie, selfs nie die medaljes en Olimpiese rekords wat behaal is nie.
Sporte 13 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1906: Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrikaanse deelname Suid-Afrika het nie aan hierdie Spele deelgeneem nie, hoewel hulle twee jaar vantevore aan die 1904-Spele deelgeneem het.
Getal medaljes duimnael|Pylvak van die maraton duimnael|Die Panathinaiko-stadion in 1906 Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (FRA) 56 15 9 16 40 2 (USA) 38 12 6 6 24 3 (GRE) 321 8 13 13 34 4 (GBR) 47 8 11 5 24 5 (ITA) 76 7 6 3 16 6 (SUI) 9 5 6 4 15 7 (GER) 49 4 6 5 15 8 (NOR) 32 4 2 1 7 9 (AUT) 31 3 3 3 9 10 (DEN) 53 3 2 1 6
Sien ook Olimpiese Somerspele 1896 in Athene Olimpiese Somerspele 2004 in Athene
Verwysings
Eksterne skakels
The Olympic games at Athens, 1906 – James Edward Sullivan, 1906.
Kategorie:Athene Kategorie:Geskiedenis van Griekeland 1906 1906