Die Olimpiese Somerspele 1940 (Fins: Kesäolympialaiset 1940; Japannees: 東京オリンピック (1940年)), amptelik bekend as die Spele van die XIIde Olimpiade, sou in 1940 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas. Die Spele is op 1 Augustus 1936 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) tydens die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn aan Tokio, Japan, toegewys. Dit was die eerste keer dat Olimpiese Spele in 'n land buite die Westerse wêreld beplan is. Maar Japan moes afsien van die plan na die uitbreek van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog in 1937 en het die Spele op 14 Julie 1938 van die hand gewys. Die Spele is drie dae later aan Helsinki, Finland, toegewys, maar met die uitbreek van die Winteroorlog in 1939 is dit heeltemal afgelas.
duimnael|links|Aandenkingshandvlag vir die Olimpiese Somerspele 1940 in Tokio van die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn Die hoofstadion vir die Olimpiese Spele 1940 in Tokio sou die Meiji Jingu-stadion gewees het, wat vir die latere Olimpiese Somerspele 1964 ingespan is. Vir die Olimpiese Spele in Helsinki is tussen 1934 en 1938 die Olimpiese Stadion opgerig, waar die Olimpiese Somerspele 1952 gehou is. Beide Finland en Japan het vir hul latere Olimpiese Somerspele ter wille van kostebesparing planne van die oorspronklik beplande Somerspele gebruik.
Omdat die Tweede Wêreldoorlog tot 1945 gewoed het, is die in Londen beplande Olimpiese Somerspele 1944 ook afgelas. Die Britse hoofstad het die eerste Olimpiese Somerspele na die Tweede Wêreldoorlog vier jaar later aangebied.
Toewysing Tokio is op 1 Augustus 1936 deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1940. Ander kandidate was: Helsinki, Barcelona en Rome.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1940 Stad Land Rondte 1 Tokio 36 Helsinki 27 Barcelona – Rome –
Fotogalery
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van Finland Kategorie:Geskiedenis van Japan Kategorie:Helsinki 1940 1940 1940 Kategorie:Sport in 1940 Kategorie:Sport in Tokio