duimnael|Die Olimpiese ringe.
Die Olimpiese Somerspele, amptelik die Spele van die Olimpiade, is 'n internasionale multi-sport geleentheid wat elke vier jaar deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) georganiseer word. 'n Olimpiese oorwinning word wêreldwyd gesien as die mees prestigeryke oorwinning in 'n sport. Medaljes word uitgereik in elke item, met 'n goue medalje vir die eerste plek, silwer vir die tweede en brons vir die derde, 'n tradisie wat in 1904 begin het.
Geskiedenis Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) is in 1894 gestig toe Pierre de Coubertin, 'n Franse pedagoog en historikus, probeer het om internasionale begrip deur sportkompetisie te bevorder. Die eerste uitgawe van die Olimpiese Spele is in 1896 in Athene gehou en het slegs 245 mededingers gelok, waaronder meer as 200 Grieks was en slegs 14 lande verteenwoordig was. Nogtans was geen internasionale byeenkomste van hierdie omvang voorheen gereël nie. Vroulike atlete is nie toegelaat om mee te ding nie, alhoewel een vrou, Stamata Revithi, die maratonroete op haar eie gehardloop en gesê het "As die komitee my nie toelaat om mee te ding nie, sal ek agter hulle aan gaan ongeag".
Kwalifisering Kwalifikasiereëls vir elke Olimpiese sport word deur die Internasionale Federasie (IF) wat die betrokke sport reël, opgestel.
Vir individuele sporte kwalifiseer deelnemers deur 'n bepaalde plek tydens 'n groot internasionale wedstryd te behaal, of volgens die ranglys van die IF. Nasionale Olimpiese Komitees (NOK) moet 'n beperkte aantal kwalifiserende atlete per item by die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) indien. Die IOK besluit dan welke van die atlete mag deelneem. Verskeie items kry 'n bepaalde aantal buiteperde, hierdie word veral aan atlete uit ontwikkelende lande toegeken.
Vir spansporte kwalifiseer lande deur die speel van kontinentale kwalifikasie toernooie. Elke kontinent kry 'n bepaalde aantal plekke in die Olimpiese toernooi. Die gasheerland se span kry gewoonlik 'n outomatiese plasing.
Sportsoorte by die Olimpiese Somerspele Die volgende sportsoorte word tydens die Somerspele beoefen: atletiek, basketbal, bofbal, boks, boogskiet, driekamp, fietsry, gesinchroniseerde swem, gewigoptel, gholf, gimnastiek, handbal, hokkie, judo, kanovaart, moderne vyfkamp, pluimbal, roei, ruitersport, sagtebal, seil, sewesrugby, sierduik, skerm, skyfskiet, sokker, stoei, swem, taekwondo, tafeltennis, tennis, vlugbal en waterpolo.
Toekomstige Olimpiese Somerspeles duimnael|400px|Kaart van elke Olimpiese Somerspele: duimnael|400px|Kaart van gasheerlande volgens Olimpiese Somerspele: duimnael|400px|Kaart van wenners van die Olimpiese Somerspele (volgens getal goue medaljes; Rusland sluit die Sowjetunie in): Olimpiese Somerspele 2032 – Brisbane, Australië Olimpiese Somerspele 2028 – Los Angeles, Verenigde State
Afgelope Olimpiese Somerspeles Olimpiese Somerspele 2024 – Parys, Frankryk Olimpiese Somerspele 2020 – Tokio, Japan Olimpiese Somerspele 2016 – Rio de Janeiro, Brasilië Olimpiese Somerspele 2012 – Londen, Verenigde Koninkryk Olimpiese Somerspele 2008 – Beijing, Volksrepubliek China Olimpiese Somerspele 2004 – Athene, Griekeland Olimpiese Somerspele 2000 – Sydney, Australië Olimpiese Somerspele 1996 – Atlanta, Verenigde State Olimpiese Somerspele 1992 – Barcelona, Spanje Olimpiese Somerspele 1988 – Seoel, Suid-Korea Olimpiese Somerspele 1984 – Los Angeles, Verenigde State Olimpiese Somerspele 1980 – Moskou, Sowjetunie Olimpiese Somerspele 1976 – Montreal, Kanada Olimpiese Somerspele 1972 – München, Wes-Duitsland Olimpiese Somerspele 1968 – Meksikostad, Meksiko Olimpiese Somerspele 1964 – Tokio, Japan Olimpiese Somerspele 1960 – Rome, Italië Olimpiese Somerspele 1956 – Melbourne, Australië Olimpiese Somerspele 1952 – Helsinki, Finland Olimpiese Somerspele 1948 – Londen, Verenigde Koninkryk Die beplande Olimpiese Somerspele 1944 in Londen is afgelas weens die Tweede Wêreldoorlog Die beplande Olimpiese Somerspele 1940 in Tokio is afgelas weens die Tweede Chinees-Japannese Oorlog Die beplande Olimpiese Somerspele 1940 in Helsinki is afgelas weens die Tweede Wêreldoorlog Olimpiese Somerspele 1936 – Berlyn, Duitsland Olimpiese Somerspele 1932 – Los Angeles, Verenigde State Olimpiese Somerspele 1928 – Amsterdam, Nederland Olimpiese Somerspele 1924 – Parys, Frankryk Olimpiese Somerspele 1920 – Antwerpen, België Die beplande Olimpiese Somerspele 1916 in Berlyn is afgelas weens die Eerste Wêreldoorlog Olimpiese Somerspele 1912 – Stockholm, Swede Olimpiese Somerspele 1908 – Londen, Verenigde Koninkryk Olimpiese Somerspele 1906 – Athene, Griekeland, was as "tussenspele" beskou en nie amptelik deur die IOK erken nie. Olimpiese Somerspele 1904 – St. Louis, Verenigde State Olimpiese Somerspele 1900 – Parys, Frankryk Olimpiese Somerspele 1896 – Athene, Griekeland
Sien ook Olimpiese Spele Olimpiese Winterspele Paralimpiese Spele Suid-Afrika op die Olimpiese Spele
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Internasionale Olimpiese Komitee Uitslae en medaljewenners